Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Japan

Mesaanval: Man teiken kinders by bushalte

Minstens een leerling van 'n private Katolieke skool in Japan is dood en 12 ander leerlinge beseer toe 'n man hulle Dinsdag met messe by 'n bushalte aangeval het.

Die voorval het in Kawasaki-stad, suid van Tokio, gebeur.

Die meisie wat gesterf het en van die ander beseerdes is omtrent ses of sewe jaar oud.

Die aanvaller, wat vermoedelik tussen 40 en 50 is, het homself daarna met die mes in die nek gesteek.

Die polisie het hom in hegtenis geneem, maar hy het kort daarna gesterf.

Volgens die reddingsdienste is altesaam 19 mense beseer.

'n Beampte by 'n plaaslike hospitaal sê vyf van die beseerdes is na hul hospitaal gebring en vier is in 'n ernstige toestand.

Volgens ooggetuies het die man met 'n mes in elke hand die kinders wat by die halte gewag het, aangeval en daarna ander mense op 'n bus. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer