Kort nuus – Internasionaal
Nederland
Picasso-werk gevind ná 20 jaar
’n Picasso-skildery is 20 jaar nadat dit gesteel is, teruggevind.
Arthur Brand is ’n kunsspeurder wat al vantevore gesteelde kunswerke opgespoor het. Hy het jare lank die spoor van Picasso se Buste de Femme gevolg, berig CNN.
Die werk is in 1999 van ’n skatryk Saoedi-Arabiër se seiljag in die Antibes gesteel.
Brand, wat ook as die Indiana Jones van die kunswêreld bekend staan, het in 2015 bewus geword van ’n gesteelde Picasso, maar nie geweet dit is die Buste de Femme nie. Die kunswerk is in die onderwêreld as kollateraal gebruik in ’n dwelm- en wapentransaksie.
CNN berig Brand het die skildery, wat tot met Picasso se dood in 1973 in die kunstenaar se tuiste gehang het, vir een aand in sy woning in Amsterdam gehang voordat hy dit aan die versekeringsmaatskappy oorhandig het.
Buste de Femme is sowat R392 miljoen werd. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie