Kort nuus – Internasionaal
Amerika
3 kinders sterf in vrieskas
Drie kinders van Live Oak in Florida in die VSA het gesterf toe hulle in ’n vrieskas vasgesit het. Volgens die BBC het die vrieskas in die tuin gestaan en dit was nie aangeskakel nie.
Die kinders, wat onderskeidelik een, vier en ses jaar oud was, het buite die huis gespeel en in die vrieskas geklim.
CNN berig die vrieskas het ’n knip, wat iemand glo self vir ’n slot aangebring het. Hoewel daar ten tyde van die voorval geen slot aan die vrieskas was nie, het die knip vermoedelik toegeval toe die kinders die deksel toegemaak het.
Die kinders van een en ses jaar oud woon saam met hul ouma in die huis in Live Oak, asook die vierjarige en haar ma.
Dié ma het die kinders opgepas terwyl die ouma voor haar aandskof geslaap het.
Die ma het die kinders blykbaar net sowat 10 tot 15 minute alleen gelos terwyl sy in die toilet was, en met haar terugkeer was hulle skoonveld.
Sy en die ouma het om die huis gesoek, en eers op die kinders in die vrieskas afgekom toe hulle dit oopgemaak het.
Nie een van die kinders het asemgehaal nie. Hulle is al drie later in die hospitaal dood verklaar.
Volgens The Daily News word geen misdaad vermoed nie en die saak sal na die staatsprokureur verwys word. – Netwerk24
Haïti
Tiener op plesierboot val hom dood
’n Tiener het hom doodgeval terwyl hy van een balkon na ’n ander balkon op ’n passasierskip wou klim, wat in daardie stadium in Haïti in die Karibiese See vasgemeer was.
Die 16-jarige seun, Laurent Mercer, wou glo van ’n aangrensende kamer se balkon na sy eie kamer klouter.
Volgens die Sun-Sentinel het sy voet gegly en hy het op die sementblad van die pier geval.
ABC News berig Harmony of the Seas se moedermaatskappy, Royal Caribbean, se woordvoerder, Owen Torres, het nie besonderhede oor die voorval bekend gemaak nie. Torres het wel die tragiese ongeluk bevestig en hul meegevoel met die familie betuig.
Die kantoor van die Broward-distrik in Amerika se mediese inspekteurs het die seun se lyk in Fort Lauderdale in ontvangs geneem. Volgens hulle het die passasierskip se mediese span onsuksesvol probeer om die seun by te bring, wat ernstige kopbeserings opgedoen het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie