Kort nuus – Internasionaal
Frankryk
Interpol-hoë bedank as president
Interpol het Sondagaand bevestig dat hy die bedanking van sy vermiste president, Meng Hongwei, ontvang het.
Interpol het vroeër die Chinese owerhede om klarigheid gevra oor waar Hongwei hom tans bevind. Hongwei word glo weens ongerymdhede deur China ondersoek, berig Reuters.
Juergen Stock, die sekretaris-generaal van Interpol, het in ’n verklaring Saterdag gesê Interpol het die Chinese owerhede deur amptelike kanale versoek om die situasie rondom Meng te verklaar.
Meng, wat in Lyon, Frankryk, woon, se vrou het hom einde verlede week as vermis aangegee nadat hy ’n besoek aan sy tuisland, China, gebring het. Sy vrou het sedert 25 September nog nie van hom gehoor nie.
Interpol se hoofkwartier is in Lyon.
Senior Chinese amptenare verdwyn volgens The Telegraph reeds geruime tyd waarna die regering dan sê dat hulle vir korrupsie ondersoek word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie