Kort Nuus - Afrika
Zimbabwe
Mans vas oor ‘komplot om Mnangagwa te vermoor’
Twee mans is vasgetrek in verband met ’n beweerde komplot om pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe te vermoor. Nog twee verdagtes word gesoek.
Die komplot hou glo verband met ’n ontploffing verlede maand waarin 49 mense op ’n politieke saamtrek van Mnangagwa beseer is, en van wie twee sedertdien dood is, berig NewsDay.
Mnangagwa, wat in November verlede jaar ná ’n staatsgreep die veteraanleier Robert Mugabe uit die kussings gelig het, het gesê hy vermoed ’n faksie van sy eie party, Zanu-PF, is verantwoordelik vir die aanval. Hy verwys daarna as ’n poging om hom te vermoor.
Hoewel daar gegis word oor die betrokkenheid van Grace Mugabe, die voormalige presidentsvrou, het Mnangagwa gesê hy dink nie sy is by die komplot betrokke nie. Hy het wel by ’n vorige geleentheid gesê sy kan nie vertrou word nie. – Netwerk24/Reuters
Suid-Afrika
Naam van ‘lewende lyk’ bekend
Die naam van die vrou wat lewend in ’n lykhuis in Carletonville gekry is nadat sy op die toneel van ’n motorongeluk dood verklaar is, is bekend gemaak. Isabel Dongua is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
Die ambulansdiens Gladiator Distress Alert se paramedici het Dongua dood verklaar en die provinsie se forensiese beamptes het die “lyk” na Carletonville se lykhuis geneem, waar daar later vasgestel is sy leef nog. Sy is dadelik na die Leratong-hospitaal in Krugersdorp gebring.
Dongua was Sondagoggend vroeg in ’n ongeluk op die P111-pad naby Carletonville waarin twee ander mense dood is toe hulle uit die voertuig geslinger is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie