Kort nuus

NAMPA
Die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) het die opleiding van onderwysers in laer- en hoërskole voltooi sodat onderrig in padveiligheid by die leerplan in al 14 streke van die land ingesluit kan word.

Die voorsitter van die NRSC, mnr. Eliphas !Owos-Oab, sê padveiligheid gaan nie as 'n bykomende vak aan­gebied word nie.

Onderwysers moet dit in lesse in ­verskillende vakke inweef.

Die direkteur van onderwys in ||Kharas, mnr. |Awebahe ||Hoeseb, het 'n beroep op die NRSC en die ­Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) gedoen om die nodige simuleringsagteware oor basiese padverkeer aan onderwysers beskikbaar te stel. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer