Kort nuus

Jo-Mare Duddy Booysen
Lusaka

Engen en hoender in Zambië

Die brandstofmaatskappy Engen het 'n Chicken Corner gevoeg tot die Corner Bakery-handelsmerk wat hy by van sy vulstasies in Zambië aanbied. Die Chicken Corner is 'n hoenderkitskosrestaurant en is gewild in Afrika suid van die Sahara. Engen het 36 vulstasies in Zambië waarvan 16 Quickshops het en nege die Corner Bakery. Nog twee vulstasies is tans in aanbou, wat albei die geriefswinkels sal hê.

Corner Bakery is deel van die Retsol-groep van Mauritius. Retsol het Chicken Corner begin om voordeel te trek uit die groeiende vraag na hoender. Chicken Corner ding egter in Zambië mee met KFC, ZamChick, Chicken Inn en Hungry Lion.

Moskou

Russe koop Afrika-koolstofkrediete

Aera Group, die grootste verkoper van koolstofkrediete wat deur groenkrag- of kweekhuisgasverminderende projekte in Afrika gegenereer word, het sy eerste transaksie met die Russiese Koolstoffonds gesluit.

Die transaksie is via 'n “blockchain”-transaksie gedoen.

Die Russiese fonds benut die koolstofkrediete op sy beurt om Russiese maatskappye en lugdienspassasiers te help om hul koolstofvoetspoor te verklein.

Aera verhandel koolstofkrediete van 40 projekte in 18 Afrikalande.

Ouagadougou

Orange in Burkina Faso

Die Franse telekommunikasiegroep Orange het sy handelsmerk in Burkina Faso in Wes-Afrika bekend gestel.

Orange wil Orange Money in Burkina Faso uitbrei.

Dit is sy diens om internasio­nale geldoordrag via 'n selfoon moontlik te maak. Hy wil ook sy optieseveselnetwerk uitbrei.

Orange het minder as 'n jaar gelede Airtel oorgeneem, waardeur hy 'n vastrapplek in die land gekry het.

Hy het 6,3 miljoen intekenare in Burkina Faso.

Lusaka

Zambië verwag beter mielieoes

Zambië verwag sy mielieoes vir vanjaar kan tot meer as 3 miljoen ton wees.

Maar die regering gaan die verbod op mielie-uitvoer handhaaf totdat oesvooruitskattings later vandeesmaand ontvang word. Dora Siliya, die Zambiese minister van landbou, het in Lusaka gesê Zambië wil eers teen einde Maart sien of die land genoeg mielies vir eie gebruik het voordat die verbod op mielie-uitvoer opgehef kan word.

Goeie reën het die impak van die plaag van kommandowurms teengewerk wat sowat 20% van die aangeplante gebiede geraak het, en dit lyk of Zambië verlede jaar se oes van 2,87 miljoen ton kan oortref. Die verbod op mielie-uitvoer is in April verlede jaar ingestel ná voedseltekorte weens twee jaar van droogte.

Die Lagos-deelstaat in Nigerië sê 'n nuwe brug gaan van die Lagos-eiland na die vasteland gebou word.

Die Fourth Mainland-brug sal vier bane hê en 'n verwagte US$2,66 miljard kos, wat die koste van toegangspaaie insluit.

'n Mededingende tenderproses gaan gebruik word en die kontrak sal ingevolge 'n boubedryf-oordragmodel toegeken word.

Die tydperk wat die private sektor die brug sal bedryf en wanneer bouwerk moet begin en klaar wees, is nog nie vasgestel nie.

Die vorige brug van die eiland na die vasteland is 25 jaar gelede gebou en die planne vir die nuwe brug is al in 2003 opgestel, maar finansieringsprobleme en kommer oor die geboue wat platge­slaan moet word om vir die brug plek te maak, het tot dusver die projek vertraag.

Mombasa

Kenia wil meer passasierskepe lok

Kenia verwag vanjaar meer toeriste wat die land per skip besoek danksy die voltooiing van 'n nuwe eindpunt vir passasierskepe in die hawe van Mombasa wat later vanjaar voltooi word.

Die Kenia-haweowerheid het in Desember begin bou aan 'n eindpunt vir plesierbote teen 'n koste van 350 miljoen Keniaanse sjieling, en dit sal na verwagting in September klaar wees. Die seisoen vir passasierskepe strek van November tot Maart.

Die plesierboot MS Silver Cloud wat deur Silversea Cruises bedryf word, het verlede week na die Seychelle vertrek ná een dag in die hawe van Mombasa. Dit was die laaste skeepsbesoek van die afgelope seisoen.

Die skip het van Zanzibar gekom met 255 passasiers en 224 bemanningslede. In die vorige seisoen het tien passasierskepe Mombasa aangedoen en meer as 6000 toeriste na die land gebring, maar in die afgelope seisoen was daar net vier besoeke.

Alle berigte: Netwerk24/Bloomberg/African Business Magazine/Business Daily.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%