Kort nuus
Prins Harry kap media oor teistering van sy nuwe meisie
Brittanje
Brittanje se Prins Harry het verlede week in ''n rare verklaring die media gekritiseer vir inmenging in die private lewe van sy Amerikaase meisie.
Hy sê die pers het haar aan “''n golf van mishandeling en teistering” blootgestel.
Britse koerante publiseer daagliks berigte oor Meghan Markle, sedert dit teen die einde van Oktober bekend geword het dat die 35-jarige aktrise en die 32-jarige prins in die geheim uitgaan.
Markle het in die verlede klein rolle in TV-reekse soos Fringe, Without a Trace en CSI: Miami vertolk voordat sy sedert 2011 ''n ster-rol in die netwerk-dramareeks Suits as die opkomende regsgeleerde Rachel Zane losgeslaan het. - Nampa/AP
Swart Piet word wit
Nederland
Swart Piet van Holland het ná jare van omstredenheid sy (wit) alie gesien.
Sinterklaas se tradisionele helpers – karakters wat hul gesigte pikswart inkleur ("blackface"), hul lippe dik en bloedrooi grimeer en groot oorbelle dra – is met die amptelike Sinterklaas-geleenthede afgeskaf en vervang met Skoorsteen Piet.
Skoorsteen Piet het nog roet op sy gesig (hy klouter immers deur skoorstene volgens volkstradisie), maar al die ander uiterlike eienskappe van Swart Piet is nie meer welkom by die amptelike intogparades wat dié naweek begin nie.
Pam Evenhuis, woordvoerder van die reëlingskomitee vir Sinterklaas se intog, sê hulle wou die nuwe Skoorsteen Piet as ''n “verrassing” gehou het, maar plaaslike koerante het die aap uit die mou gelaat. Dié verrassing was olie op die vuur in ''n land wat al hoe meer verdeeld raak oor veral rassekwessies.
De Volksrant het berig die polisie het gebeurlikheidsplanne beraam vir die verskillende intogparades vir ingeval optogte ten gunste van of teen Swart Piet handuit ruk. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie