Kort nuus
            
                                                            Engeland
George Michael oorlede
Die briljante popster George Michael is op Kersmiddag dood. Hy was 53.
Michael se voormalige publisiteitsagent, Michael Lippman, het gesê hy is aan hartversaking dood. Polisiebeamptes wat op Kersdag na die popster se huis in Oxfordshire uitgeroep is, het volgens die Daily Mail gesê sy dood word nie as verdag beskou nie.
Michael, wat sy loopbaan as straatsanger op Londen se ondergrondse treinstasie begin het, was later lid van die wêreldbekende groep Wham!, waarna hy op 'n sololoopbaan gefokus het.
Andrew Ridgeley, die ander lid van Wham!, en sir Elton John was van die eerste mense wat hulde aan Michael gebring het. - Nampa/AP
Italië
Pous se Kersboodskap bied hoop
Pous Franciscus het Sondag 'n Kersboodskap gelewer van hoop op vrede in 'n wêreld verskeur deur terrorisme en oorlog, en mense aangemoedig om migrante, vlugtelinge en diegene te onthou wat die swaarste deur ekonomiese onstabiliteit weens “aanbidding van geld” getref is.
Dit is Franciscus se vierde Kersfees in die Vatikaan sedert hy in 2013 verkies is. Hy het Palestyne en Israeli's, wat hernude spanning ondervind nadat die Verenigde Nasies 'n resolusie aanvaar het waarin Israeliese nedersettings op besette grondgebied veroordeel word, aangeraai om dapper te wees, haat en vergelding ter syde te stel en 'n "nuwe bladsy van die geskiedenis” te skryf.
Sy tradisionele "Urbi et Orbi" (aan die stad en die wêreld) boodskap is met die gemeenskaplike tema van oorlog, geweld en lyding deurweef op 'n tydstip wat deur harmonie en vrede soos gesimboliseer deur die geboorte van Jesus Christus, gekenmerk behoort te word.
"Vrede vir diegene wat iemand na aan hulle verloor het weens brutale dade van terrorisme wat vrees en dood in die harte van so baie lande en stede gebring het,” het die pous aan nagenoeg 40 000 mense op Sint Pietersplein gesê.
Veiligheidsmaatreëls vir die Kersnaweek in Italië en by die Vatikaan was versterk nadat Italiaanse polisie die man doodgeskiet het wat verantwoordelik was vir die aanval op 'n Kersmark in Berlyn.
Pous Franciscus het gevra vir vrede in Sirië en vir onmiddellike bystand aan die uitgeputte mense van Aleppo, wat deur Siriese regeringsmagte herower is ná vier jaar se verwoestende gevegte met rebelle. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie