Kort nuus
'n Man van die Ekangu-nedersetting naby Epupa in die Kunenestreek is Sondag oorlede ná hy 'n begrafnis in die Oromukandi-nedersetting bygewoon het. Mnr. Koruhama Matuuapi (53) het glo ná die begrafnis tussen 11:00 en 12:00 na 'n huis in die Etanga-nedersetting gegaan waar niemand tuis was nie. Later het kinders by die huis aangekom en op sy versoek vir hom melk en water gegee om te drink. “Hy het gaan lê en glo begin skree. Die kinders het bang geraak en weggehardloop. Toe die kinders terugkom, het hulle hom dood gevind,” lui die misdaadverslag. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie