Kort nuus
Plaas Dabis
Man kap glo vriendin se kop af
Martha Afrikaner (22) is Donderdag omstreeks 09:00 op die plaas Dabis in die Omahekestreek dood nadat haar kêrel na bewering haar kop met ‘n byl afgekap het.
Die verdagte het die oorledene beskuldig dat sy ‘n verhouding met ‘n ander man het. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem. - Nampa
Okahandja
Minderjarige glo in polisieselle verkrag
‘n Sestienjarige seun is na bewering deur twee seuns in die aanhoudingselle op Okahandja verkrag.
Die verdagtes is onderskeidelik 16 en 17 jaar oud.
Volgens die polisie het die voorval tussen 18:00 Donderdag en 06:00 Vrydag plaasgevind. - Nampa
Khorixas
Vyf ontsnap uit selle
Vyf mans het Donderdag deur ‘n muur van die polisieselle op Khorixas gebreek en ontsnap.
Volgens die polisie het dit omstreeks 20:35 gebeur.
Die ontsnaptes is Sedekia Aebeb (32), Arnold Gaugab Guaob (20), Desmond Tsaeb (20), Forman Hoaebeb (25) en Moses Urimovandu (26).
Aebeb word van moord beskuldig en Guaob van veediefstal en huisbraak. Hoaebeb het ‘n veediefstalklag teen hom, terwyl Tsaeb en Urimovandu beide van huisbraak beskuldig word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie