Kort nuus
Groot Aub
Inwoners wostel steeds met waterkrisis
Konstante toegang tot water is steeds 'n krisis vir inwoners van Groot Aub, met sommige inwoners wat selfs dae aaneen sonder water sit.
Mnr. Jacobus Smith, 'n werknemer van Omeya Golf Course, sê die gemeenskap ontvang geen water op Woensdae en Sondae nie, wat inwoners sonder water laat indien hul nie genoeg water gestoor het nie.
Die raadslid van die Windhoek landelike kiesafdeling, me. Penina Ita, het bevestig dat hoewel die waterkrisis nie opgelos is nie, toestande wel verbeter het sedert die Windhoek munisipaliteit in September 2017 die administratiewe take van Groot Aub oorgeneem het.
“Ons is totaal afhanklik van die water vanaf die boorgat, wat staatmaak op die reën. Indien die reënval afneem, gaan die watervlakke ook afneem, wat op die beurt beteken die vlakke is te laag om water aan die inwoners te verskaf.”
Ita sê verder die koste om die water tot Maart verlede jaar te pomp was N$80 000. Maatreëls wat beoog word om Augustus vanjaar in werking te tree, gaan vereis dat inwoners moet betaal vir water en elektrisiteit om sodoende geld te kry om vir die boorgate en pype te betaal. Inwoners is bekommerd omdat baie werkloos is en dit nie kan bekostig nie.Ita het egter inwoners aangeraai om kreatief te raak en hul eie inkomstes te genereer, eerder as om staat te maak op die voorsiening van werk. “Die regering kan net soveel werk verskaf. Verskeie werksgeleenthede, soos tuinwerk en die regmaak van heinings, maak dit vir inwoners moontlkik om hul eie inkomstes te genereer.”
-Nampa
Rundu
Stadsraad wil slaggate herstel
Die Rundu-dorpsraad beoog om die Sam Nujoma-pad te herstel, wat nog nie in die afgelope twee jaar reggemaak is nie. 'n Grondpad is deur sommige motoriste langsaan die pad geskep, as 'n manier om die slaggate te vermy. Mnr. Sikongo Haihambo, die hoof uitvoerende beampte van die dorpsraad, het bevestig 'n tender vir die herstel van dié pad is uitgereik. “Sodra die kontrak gefinaliseer is, wat dalk 'n tyd mag neem weens die aankondigings oor openbare aankope, sal die kontrakteur begin.”
Haihambo het ook hevestig dat stadsraad in die proses is om die laaste herstelwerk aan die Mbwangungu Hamutenya-pad te finaliseer. “Die pad was oop vir die publiek tydens die feestyd, omdat dit so te sê voltooi is”. Die raad is ook in die proses om slaggate op die bitumen-paaie te herstel, wat reeds in Desember 2018 van stapel gestuur is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie