Kort nuus
Bestuurder sonder rybewys
Tsandi
'n Passasier in 'n oorlaaide bakkie wat glo deur 'n persoon sonder 'n rybewys bestuur is, het Sondag omstreeks 15:21 in 'n ongeluk op die hoofpad tussen Iitananga en Omakange naby die Omakango-nedersetting gesterf.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag word beweer die bestuurder van die bakkie het van Okahao na Amaupa met vyf passasiers en sakke sement gereis.
"Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Een van die passasiers, mnr. Shipingana Timoteus (ouderdom onbekend), het op die toneel gesterf terwyl vier ander ernstig tot lig beseer is," lui die verslag.
Die passasiers word onderskeidelik in die staatshospitale op Tsandi en Oshakati behandel. Die naasbestaandes van die oorledene is van sy dood ingelig. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Ongeluk ná band bars
Karasburg
Die 29-jarige Adam Davids het Sondag omstreeks 15:00 in 'n ongeluk gesterf nadat die voertuig waarin hy gereis het, se band gebars en die 42-jarige bestuurder beheer daaroor verloor het.
"Die ongeluk het op die C12-grondpad na /Ai-/Ais, sowat 5 km vanaf Grunau, gebeur. Twee passasiers (40 en 29) het ernstige tot ligte beserings opgedoen en is in die Karasburg-staatshospitaal behandel," lui die verslag.
Die naasbestaandes van die oorledene is van sy dood ingelig.
Bejaarde sterf
Ariamsvlei
Die 77-jarige mnr. Gideon Oberholster, wat saam met sy familie van Upington na Karasburg via Ariamsvlei gereis het, is Sondag omstreeks 16:30 in 'n ongeluk op die B3-pad sowat 27 km van Ariamsvlei dood.
"Hy het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Oberholster het op die toneel gesterf," lui die verslag.
Sy passasiers, onderskeidelik 86 en 68 jaar oud, is lig tot ernstig beseer en sy naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie