Kort nuus
Kuisebmond
Drom ontplof, man beseer
'n Man(40) wat Sondag omstreeks 11:00 'n leë 200 liter-drom met 'n slypyster gesny het, is ernstig beseer. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hy nie die deksel van die drom oopgemaak nie en het die drom ontplof en sy kop getref. Hy is met ernstige kopbeserings in die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem waar hy in 'n kritieke toestand verkeer.
Windhoek
Motorhandelaar loop onder rowers deur
Die eienaar van die bekende motorhandelaar Jan Japan is Maandag in die vroeë oggendure by sy woonstel in Doradopark beroof. Volgens die polisie word die omstandighede ondersoek waaronder toegang tot sy woonstel verkry is, omdat daar nie ingebreek is nie en die elektriese draad van sy grensmuur nie geknip is nie. "Vyf of ses verdagtes, gewapen met vuurwapens en ysters, het glo by sy woonstel ingegaan en geld van hom geëis," lui die polisieverslag. Hulle het in sy motor ter waarde van N$90 000 gevlug met die gesteelde N$40 000 in kontant, twee skootrekenaars, vier selfone en een tabletrekenaar. Die polisieondersoek duur voort.
Ondangwa
Seun sterf ná hy van bakkie spring
Een van 'n groep skoolseuns wat Sondag 'n saamrygeleentheid op 'n bakkie gekry het en afgespring het, het gesterf. Die seuns het omstreeks 15:00 by die Ompandakani-nedersetting naby Uukwiyu Uushona 'n geleentheid van die Ompandaki-skool af gekry en enkele meters verder het hulle glo een vir een begin afspring. Leonard Kadhiya (13) het op die toneel gesterf. Die ander seuns (17, 16 en 13) het ernstige beserings opgedoen en is in die Onandjokwe-hospitaal behandel en is in 'n stabiele toestand.
Oshakati
Gewapende rooftog loop skeef
'n Sekuriteitswag (53) wat Maandagoggend aan diens was by Pep Stores, by die Eluwa-kompleks, is na bewering deur onbekende, gewapende mans aangeval. Die voorval het omstreeks 01:00 plaasgevind. "Die wag het terugbaklei, maar het beserings opgedoen. Die verdagtes kon nie daarin slaag om die winkel te beroof nie en het op die vlug geslaan toe die polisie opdaag. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie