Kort nuus
Opuwo
Seun sterf ná slangbyt
'n Vyfjarige seun van die Orutjandja- informele nedersetting het Vrydag ná 'n slangbyt op pad hospitaal toe gesterf. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval plaasgevind toe Sean Kampaku in sy huis geslaap het. Die slang is gevind en vrekgemaak. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van Kampaku se dood vasstel.
Onayena
Tienjarige glo deur neef verkrag
Die 19-jarige neef van ’n 10-jarige meisie het Saterdagmiddag glo by haar slaapkamer in die Okadhila-nedersetting, in die omgewing van Oshigambo in die Oshikotostreek, ingesluip en haar verkrag. "Die verdagte en die slagoffer bly in die dieselfde huis. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die landdroshof op Ondangwa verskyn," sê die polisie.
Mariental
Veediefstal op Voightsgrund
Ses beeste is Vrydag deur onbekende verdagtes op die plaas Voightsgrund geslag. Volgens die polisie is vier karkasse verwyder en twee was nog op die toneel. Die waarde van die beeste beloop sowat N$60 000. Die polisieondersoek duur voort.
Ndiyona
Twee vas oor ietermagô
Twee verdagtes (37 en 27) is Saterdag omstreeks 19:00 by Ndonga Linena in die Kavango-Oosstreek tydens 'n polisieoperasie in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van 'n lewende ietermagô. Daar is beslag gelê op die ietermagô wat ’n waarde van sowat N$100 000 het. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie