Kort nuus
Ondangwa
Peuter verdrink in emmer
Die liggaam van Efraim Nadhipite (18 maande) is Maandag omstreeks 17:45 by die Okapembe-nedersetting naby Ondangwa in die Oshanastreek gevind. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag word vermoed hy het in 'n emmer water verdrink. Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig en die ondersoek duur voort.
Windhoek
Lewende ietermagô in China Town
Twee Namibiese mans (42 en 35) is tydens 'n polisieoperasie Dinsdag omstreeks 15:20 in China Town in die noordelike nywerheidsgebied van die hoofstad in die besit van 'n lewende ietermagô in hegtenis geneem.
Die waarde van die ietermagô word op sowat N$50 000 beraam. Die polisieondersoek duur voort.
Dordabis
Man glo in besit van Mandrax
'n Man (25) is Maandag omstreeks 20:00 op die C23-pad na Dordabis in hegtenis geneem nadat hy in die besit van 10 Mandrax-tablette gevind is. Die waarde van die dwelms is nie bepaal nie en die ondersoek duur voort.
Oshivelo
Vyf ernstig beseer in ongeluk
Vyf passasiers is Dinsdag omstreeks 15:50 op die pad tussen Oshivelo en Tsumeb ernstig in 'n ongeluk beseer. Die ongeluk het sowat 30 km van Oshivelo af gebeur en die beseerdes is onderskeidelik 3 maande, twee jaar, 24, 30 en 45 jaar oud. "Die bestuurder van 'n minibus het glo beheer oor die voertuig verloor toe hy probeer het om 'n botsing met 'n aankomende vragmotor te vermy," lui die polisieverslag. Drie van die beseerdes is in die Tsumeb-staatshospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie