Koreaanse leiers stem saam oor ‘land van vrede'
Die jongste samesprekings sal ’n toets wees vir die Noorde se onderhandelinge met Amerika oor ontwapening.
Noord-Korea het in die teenwoordigheid van buitelandse kenners ingestem om “permanent” van sy belangrikste missielgeriewe ontslae te raak.
Dié land is ook bereid om sy hoofkernkompleks te sluit indien Amerika dieselfde doen, het pres. Moon Jae-in van Suid-Korea gister gesê.
Op ’n gesamentlike nuuskonferensie ná samesprekings tussen Moon en Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, het dié twee saamgestem om die Koreaanse skiereiland in ’n “land van vrede sonder kernwapens en kernbedreigings” te verander.
Kim sê hy sal binnekort Seoul besoek. Dit sal die eerste besoek deur ’n Noord-Koreaanse leier aan Suid-Korea se hoofstad wees.
Die jongste samesprekings sal ’n toets wees vir die Noorde se onderhandelinge met Amerika oor ontwapening. Dit sal ook bepaal of nog ’n vergadering tussen Kim en pres. Donald Trump sal plaasvind.
SANKSIES VERSLAP WORD
Kim het tydens sy eerste ontmoeting met Moon, en ten tyde van sy beraad met Trump, beloof om van alle kernwapens op die Koreaanse skiereiland ontslae te raak.
Besprekings oor hoe om dit te doen het egter ’n dooiepunt bereik, met Amerika wat aandring op konkrete aksie om ontslae te raak van kernwapens.
Noord-Korea het nie aangedui dat hy bereid is om sy kernwapenarsenaal eensydig te vernietig nie, en wil hê dat internasionale sanksies teen die land verslap word.
Noord-Korea het vroeër aangebied om kernwapentoetse stop te sit, maar het nie internasionale inspeksies toegelaat nie. Dit het kommer laat ontstaan of die toetse werklik gestaak is of nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie