Koperprys hoogste in 30 jaar
Onedel metale het die grootste opbrengs van alle hulpbronne in 2017 gelewer.
Die prys van koper is op sy beste vlak in byna 30 jaar.
Die prys van dié metaal het Donderdag tot US$7 300 per ton in Londen gestyg danksy optimisme oor stygende aanvraag, ’n gesukkel in China om voldoende voorraad in die hande te kry en ’n swakker dollar.
Die prys is die hoogste sedert 1989.
Op die Londense metalebeurs se termynmark het die prys van koper vir lewering oor drie maande met 1% tot US$7 312,50 gestyg, sy hoogste vlak sedert Januarie 2014.
Dis die tiende agtereenvolgende dag dat die koperprys styg.
“Die aanvraag uit China dryf die koperprys tot ongekende hoogtes,” sê Naeem Aslam, hoof van markontleding by Think Markets in Brittanje.
“Ons verwag dié positiewe sentiment om tot in 2018 voort te duur op die grondslag van die sterker internasionale aanvraag.”
Onedel metale het die grootste opbrengs van alle hulpbronne in 2017 gelewer met koper, aluminium, sink en nikkel wat die voortou geneem het op Bloomberg se hulpbronindeks.
Die stygings is aangevuur deur ’n groeiende internasionale aanvraag en ontwrigting in voorraadvlakke, insluitend vertragings by aanlegte in China.
Die Chinese owerhede voer ’n veldtog teen lugbesoedeling wat smelterye sluit wat te veel gasse in die atmosfeer vrylaat.
Boonop het daar Donderdag meer ondersteuning vir die koperprys gekom in die vorm van ’n swakker dollar wat vir die tweede agtereenvolgende dag gedaal het.
“Dollarswakte en fondse wat ná Kersfees weer terugkom in die mark laat die lopie in die prys langer aanhou,” sê Xu Maili, ’n ontleder by Everbright Futures in Shanghai.
Die meeste van die stygings het egter in ’n tydperk van trae verhandeling plaasgevind en sommige ontleders waarsku dat dit nie te ernstig opgeneem moet word nie. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie