Koperkabels in Pionierspark gesteel
Diewe het in die afgelope vier maande drie keer koperkabels in Pionierspark gesteel, wat daartoe gelei het dat kliënte van Telecom Namibia sonder telefoon- en internettoegang was.
“Diewe het Donderdagnag 'n dik, ondergrondse koperkabel gesteel en honderde huishoudings in die buurt sonder telefoonlyne en internet gelaat,” het mnr. Oiva Angula, woordvoerder van Telecom Namibia, in 'n mediaverklaring gesê.
Die diefstal het in David Hosea Merorostraat plaasgevind, waarna inwoners van Pionierspark oor die gebrek aan die dienste gekla het. Tegnici van die maatskappy het onmiddellik aandag aan die probleem geskenk," het Angula gesê.
“Ons hoop dat alle dienste teen Dinsdag herstel gaan wees."
Sowat 500 individuele kliënte is deur die diefstal geraak.
Die eerste diefstal het op 20 Mei plaasgevind toe diewe die koperdrade uit ’n mangat gesteel het. Dienste is ses dae later herstel.
Tydens die tweede voorval, op 1 Junie, het diewe die kabel in Bernt Carlsonstraat beskadig toe hulle dit probeer steel het. Vyf dae later is die dienste herstel.
“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om op die uitkyk te wees en enige verdagte persone by die polisie aan te meld. Ons bied ook ’n beloning aan vir enige iemand wat inligting verskaf wat tot suksesvolle vervolging lei,” het Angula gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie