‘Koop SAL-kaartjies,’ vra Gordhan
Christiaan Du Plessis
Die regering het die afgelope paar dae glo druk gesprekke met kredietverskaffers gehad om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se kop bo water te hou terwyl die lugdiens na bewering in die komende maande ’n “radikale herstruktureringsproses” sal ondergaan.
Die SAL se geldelike posisie is jare reeds benard, maar die onlangse staking daar blyk die lugdiens op sy knieë te gedwing het.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Sondag laat in ’n verklaring gesê die SAL se geldsake het die afgelope paar weke ná die staking drasties versleg.
“Die staking deur Numsa en Sacca (die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel) het groot skade veroorsaak aan die reputasie en bedrywighede en bygedra tot die agteruitgang in die geldsake van die lugdiens. Die SAL kan daarom nie in sy huidige vorm bly voortbestaan nie,” sê Gordhan.
“Die lugdiens sal nou ’n radikale herstruktureringsproses ondergaan om sy finansiële en bedryfsvolhoubaarheid te verseker. Daar is geen ander manier vorentoe nie,” sê hy.
Gordhan brei nie uit oor wat presies hierdie herstruktureringsproses behels nie, maar sê wel dat verskeie opsies oorweeg word met die oog daarop om die lugdiens winsgewend te maak.
“Oor die afgelope paar dae was daar intense gesprekke met kredietverskaffers om die bedryfs- en strukturele oorgang oor die volgende paar maande te finansier,” sê Gordhan.
Gordhan het kliënte aangemoedig om aan te hou om kaartjies by die lugdiens te koop aangesien “dit ons kollektiewe verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners is om die SAL te ondersteun in sy poging om verkope te herstel”.
Kapt. Grant Back, voorsitter van die vereniging van SAL-vlieëniers (Saapa), sê hy is tans in die duister oor wat presies die minister se oorgangsplanne behels.
“Senior mense wat by die proses betrokke is se monde is gesnoer,” sê hy.
Volgens hom gaan hy Maandag Johannesburg toe ry ingeval daar dringend vergader moet word en hy glo daar sal deur die loop van die week meer besonderhede na vore kom.
Rapport het berig ’n transaksie om die SAL te red sou Vrydag aangekondig word. Dit sou behels dat Ethiopian Airlines ’n belang in die SAL koop sodat hy finansiering kan kry.
Die aankondiging Donderdagaand dat die grootste reisagentskap in die land, Flight Centre, nie meer vliegkaartjies van die SAL gaan verkoop nie, skep nou onsekerheid oor dié transaksie.
SALARISSE
Intussen berig Nellie Brand-Jonker die salarisse van personeel vir November is nou ten volle betaal.
Personeel moes nog die res van hul salarisse ontvang nadat hulle vandeesweek net die helfte gekry het.
Dié betaling sou eers vandag geskied het.
Beeld het vandeesweek berig Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, het in ’n brief aan personeel gesê hulle kon nie betyds die nodige finansiering finaliseer om al die salarisse te betaal nie.
Zazi Nsibanyoni-Mugambi, president van Sacca, het die nuus aan Netwerk24 bevestig.
Sy weet nie waar die SAL die finansiering gekry het nie.
Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het dit ook bevestig.
Hy het aan Fin24 gesê die lugdiens werk daaraan om “R2 miljard bedryfskapitaal te verkry om sy daaglikse bedrywighede te finansier, insluitende salarisse”.
“Ons bevestig alle personeel het die balans van hul Novembersalarisse ontvang,” het hy gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie