Kontinent reg vir tweekamp
Tweekamp
Tielman van Lill – Die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) berei voor om op Sondag 17 Oktober die Prosperity Health Afrika-tweekampkampioenskap in die hoofstad aan te bied.
Dié geskiedkundige geleentheid sal die beste van die vasteland in verskeie kategorieë na die hartjie van Windhoek bring. Die fietsry- en drafskofte sal op 'n roete deur strate in die middestad beslis word.
Jean-Paul Burger (Namibiese kampioen), Divan du Plooy en Gino Chiappini kan moontlik Namibië in die elite mans- en o.23-afdelings verteenwoordig. Risa Dreyer (Namibiese kampioen), Imke Jagau en Anri Krugel is by die elite vroue die sterkste kandidate.
Die elite groep sal oor die Olimpiese afstand meeding (10 km draf, 40 km fietsry, 5 km draf), maar daar is verskeie ander opsies vir korter afstande en ouderdomsklasse waarin Namibiërs aangemoedig word om in te skryf (https://ntf.go.na/1223-2).
Prominente deelnemers van oraloor Afrika sal moontlik aanstaande week aangekondig word. Op uitblinkers in die eerste drie posisies in die elite mans- en vroue-afdeling wag stewige prysgeld – eerste plek US$750, tweede US$450 en derde US$300. Volgens gister se wisselkoers is dit onderskeidelik sowat N$11 205, N$6 723 en N$4 482.
• 'n Week later (Sondag 24 Oktober) is die RMB veldtriathlon by Oanobdam bespreek. Individue en spanne kan inskryf vir die mini-afstand (300 m swem, 4 km fietsry, 2 km draf), die sprint (600 m, 15 km, 9 km) of die enduro (1.1 km, 29 km, 9 km).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie