Konstabel skuldig aan moord op voetganger
Landdros Velikoshi is tevrede dat die staat die beskuldigde se skuld bo redelike twyfel bewys het.
Jacqueline Louw
Die Namibiese polisiekonstabel, Linus Nzwana, wat tereggestaan het op 'n klag van moord met direkte opset ná 'n skietvoorval in 'n straat in Katutura op 10 Augustus 2013, is gister in Windhoek se streekhof skuldig bevind.
Landdros Ileni Velikoshi het gister tydens die lewering van sy uitspraak gesê die drie getuies wat tydens die verhoor getuig het, was saam met die 22-jarige Martin Joel toe hy geskiet is, en dat hulle die gebeure van naby kon waarneem. Hy het hul getuienis aanvaar en was ook tevrede dat die staat die beskuldigde se skuld bo redelike twyfel bewys het.
Nzwana het onskuldig gepleit gedurende die verhoor, en beweer dat hy uit selfverdediging geskiet het.
Die drie ooggetuies wat in Joel se geselskap was toe hy geskiet is, het egter nie met Nzwana se weergawe van die gebeure saamgestem nie. Een van die drie, Silvester Smith, het getuig dat hy, Joel en twee vriende langs 'n straat in die Shandumbala-area in Katutura gestap het toe 'n bakkie om 'n draai op hulle afgejaag het.
Hulle moes uit die pad spring en toe die bakkie verbyry het Joel “Voetsek!” aan die bestuurder geskree.
Smith het gesê die bestuurder het gestop en teruggery na waar Joel gestaan het en uit die bakkie geklim.
Joel het gevra wat hy wou hê en wat sy probleem was.
Volgens Smith se getuienis het die bestuurder 'n vuurwapen uit die bakkie gaan haal en Joel geskiet.
Smith het verder getuig dat Joel 'n bottel appelbier by hom gehad het, en nie 'n leë bottel soos Nzwana beweer het hy hom mee gedreig het nie.
Nzwana se borgtog is gekanselleer en voorleggings vir vonnisoplegging sal op 10 April aangehoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie