Konsepwet op kopiereg onder vergrootglas
Konsepwet op kopiereg onder vergrootglas

Konsepwet op kopiereg onder vergrootglas

Die Owerheid vir Besigheids- en Intellektuele Eiendom het Donderdag ’n oop konferensie vir belanghebbendes oor die konsepwetgewing op kopiereg en verwante regte aangebied.
Yandi Du Plessis
In ooreenstemming met sy mandaat om intellektuele eiendom te beskerm, bevorder en registreer deur ‘n betroubare intellektuele eiendomsomgewing te skep, het die Owerheid vir Besigheids- en Intellektuele Eiendom (Bipa) Donderdag (18 Nov) ’n oop konferensie vir belanghebbendes oor die konsepwet op kopiereg en verwante regte aangebied – wat ook aanlyn bygewoon kon word.

Dié konferensie was om belanghebbendes se insette, wat vroeër vanjaar in verband met die toepaslike wetgewing op kopiereg aangevra is, te bekragtig. Gegewe die wetsontwerp se potensiële impak op verskeie sektore in die land, het hierdie nasionale konferensie ten doel om burgerlike samelewings, die kreatiewe bedryf, nieregeringsorganisasies, opvoedkundige instellings, kulturele en tradisionele owerhede, vervaardigingsmaatskappye, sakebedrywe en wetstoepassingsagentskappe byeen te bring met die doel om konstruktiewe terugvoer oor die inhoud van die konsepwetsontwerp op kopiereg in te samel. Die uitkoms van hierdie sessie sal help om enige nodige aanpassings te maak voordat die wetsontwerp ter tafel gelê word.

“Die konferensie is ‘n noodsaaklike platform om te motiveer waarom die huidige Kopieregwet van 1994 hersien moet word, asook om nuwe veranderinge in die konsepwetsontwerp te deel wat sedertdien tydens die verskillende beraadslagingsessies onder belanghebbendes geïnkorporeer is,” het die uitvoerende hoof van intellektuele eiendomsdienste by Bipa, me. Ainna Kaundu, gesê. Kaundu het verder opgemerk “die wysigings wat aan die wetsontwerp gemaak is, was om te verseker die nuwe wet gee gehoor aan ons huidige behoeftes as ‘n land en is in lyn met die beste internasionale praktykraamwerke oor toepaslike kopieregwetgewing.”

Die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Verna Sinimbo, het tydens die konferensie gesê intellektuele eiendom is vir besighede ‘n waardevolle bron van ekonomiese waarde in vandag se tegnologies gevorderde ekonomie, en dat die belangrikheid daarvan nie oorbeklemtoon kan word nie.

“Intellektuele eiendom is ‘n bron van groei en welvaartskepping in Namibië en die hersiening van Namibië se verouderde Outeursregwet van 1994 is net een stap in die rigting om die land se raamwerk vir intellektuele eiendom te verbeter en dat die ministerie deur Bipa ook ander inisiatiewe in hierdie verband onderneem,” het sy gesê.

Die owerheid het sedert 2019 met belangrike tersiêre instellings saamgewerk om die Technology and Innovation Support Centre Network te vestig, wat ten doel het om innovasie in Namibië te bevorder deur verhoogde toegang tot tegniese en wetenskaplike kundigheid, asook verbeterde kennis van die voordele van nywerheids-eiendomsregte in die algemeen en inligting oor patente in besonder, het sy verduidelik.

Bipa se uitvoerende hoof, me. Vivienne Katjiuongua, het gesê hulle is bewus dat beide die wetlike raamwerk waarin kopiereg gedek word, sowel as die dinamika van dié tipe regte wêreldwyd, sedert 1994 dramaties verander het – wat die behoefte vir Namibië noodsaak om hierdie veranderinge te ondersoek en te verseker dit is in lyn met die beste wêreldwye praktyke.

“Die hersiening sluit veranderinge in die digitale landskap, sowel as die musiek- en kreatiewe bedrywe in. Tydens die hersiening het ons ook ‘n leemte in die huidige wet ontdek rakende werke in toegepaste kunste, digitale media, stromingswebwerwe, die aflaai van kopieregwerke, meganiese regte in digitale werke, databasisse, sagteware en kunsmatige intelligensie,” het sy gesê.

Bygewerk van Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026