Koningin Sesilia seëvier in hof

'n Hofaansoek deur tradisionele raadslede van die Ondonga-­gemeenskap teen koning Immanuel­ Kauluma Elifas se eggenote, is in die Windhoek-hoërhof van die hand gewys.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die dringende aansoek van die afgedankte raadslede van die Ondonga tradisionele owerheid teen koningin Sesilia Ndapandula Elifas vir volle toegang tot hul koning, is gister in die Windhoek-hoërhof van die rol geskrap.

Regter Shafimana Uietele het in sy bevel gesê die raadslede wat die aansoek teen die koningin ingedien het, was nie gemagtig om dit te doen nie. Hy het verder beveel dat die aansoekers die koste van die aansoek betaal. Die regter sal die redes vir sy beslissing môre lewer.

Die koningin se regsverteenwoordigers het betoog dat die aansoekers hul aansoek in die naam van die Ondanga tradisionele owerheid ingedien het, maar dat die raadslede wat hul toestemming daartoe verleen het, onlangs afgedank en van hul pligte en funksies onthef is en dus nie gemagtig was om die aansoek in te dien nie.

Die aansoekers het die hof gevra vir onbelemmerde en onbeperkte toegang tot die verswakkende koning Immanuel Kauluma Elifas en ook vir 'n bevel dat die koning deur medici ondersoek word om te bepaal of hy fisiek, emosioneel en geestelik geskik is om te regeer. Gebaseer op die uitslag van hierdie ondersoeke, het die tradisionele owerheid ook vir die mag gevra om die hof te nader vir 'n bevel wat die koning ongeskik verklaar om sy gewone pligte, rolle en funksies uit te voer.

Mnr. John Walenga, 'n senior tradisionele raadslid van die owerheid, het in 'n beëdigde verklaring gesê die koning se gesondheid het só agteruitgegaan dat hy nie meer na homself kan omsien nie.

Volgens hom is die koning se geheue nie meer goed nie, herken hy selde mense en is hy dikwels ingedagte.­ Walenga beweer verder dat die koning vatbaar vir manipulasie is.

Hy sê voorts die tradisionele­ owerheid is op die punt om deur die koningin­ vernietig te word, dat berigte oor vermiste vee in die gemeenskap die ronde doen en niemand meer rekening hou van veegetalle en dus die rykdom van die tradisionele owerheid nie.

In sy beëdigde verklaring sê Walenga: “Daar is duidelik 'n leier­skaps­krisis omdat die koning nie in 'n goeie algemene fisieke en geestes­toestand is nie; hy is oud en geïsoleer van sy tradisionele onder­steuningstruktuur.” Hierdie bewerings word deur koningin­ Sesilia weerlê in haar beëdigde verklaring wat voor die hof gedien het.

Alhoewel sy erken dat die koning in 'n verswakte toestand is, ontken sy dat hy nie in staat is om sy pligte na te kom nie.

Walenga sê ook as gevolg van die gebrek aan toegang tot die koning kan die raadslede nie sekere onlangse­ besluite bevestig wat glo deur hom gemaak is nie. Hierdie besluite sluit onder meer in die aanstelling van 'n nuwe senior tradisionele raadslid, me. Ester Gwashamba Nepando, die afdanking van agt raadslede in April en die terugtrekking van die erkenning van mnr. Fillemon Shuumbwa Nangolo as die koning se opvolger.

Die koningin ontken dat Nangolo as die koning se opvolger aangewys is.

Sy sê ook dat Walenga en ander afgedankte­ tradisionele raadslede vir eie gewin optree en hulle vir die tweespalt in die Ondonga-­gemeenskap verantwoordelik is.

Die aansoekers is deur prokureurs George Coleman en Saima Nambinga­ verteenwoordig terwyl prokureurs Elias Shikongo en Sandra Miller die koningin verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%