Kongokoors in Oshikoto
’n Vrou (54) van die
Ontananga-nedersetting in die Oshikotostreek is gister in die
Onandjokwe-distrikshospitaal aan Kongokoors dood.
Beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het gistermiddg die vrou begrawe. Sy is op 26 April in die hospitaal opgeneem, nadat sy onder meer van kopseer en moegheid gekla en sy bloed opgegooi het.
Almal wat regstreeks met haar kontak gehad het, word intussen daagliks streng gemonitor.
Die vrou het op 3 Mei positief vir die siekte getoets ná ’n bloedmonster na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (NICD) se streeklaboratorium in Suid-Afrika gestuur is.
Die MoHSS het in ’n verklaring gesê die streek se komitee vir noodgesondheidsbestuur is reeds van 26 April af werksaam, terwyl ’n tegniese span gereeld vergader.
Die geraakte gemeenskappe word ook ingelig oor tekens en simptome, sowel as die voorkoming van die siekte.
Vir die bewusmakingsveldtog is die hulp van plaaslike leiers soos raadslede, plaaslike owerhede en tradisionele leiers ingeroep.
Kongokoors word deur ’n bosluisbyt oorgedra en simptome van die siekte sluit koors, spierpyn, naarheid en braking, kopseer, bloeding en abdominale pyn in.
Om die siekte te voorkom, kan direkte kontak vermy word met besmette bloed en organe van besmette vleis tydens die slagproses of enige direkte fisieke kontak met iemand wat Kongokoors het.
Besmette linne, beddegoed of klere van iemand met Kongokoors moet ook met beskerming soos handskoene hanteer word.
Voorkoming sluit die toediening van middels om lewende hawe teen bosluise te beskerm in, asook die dra van beskermende klere wanneer diere of hul vleis tydens die slagproses hanteer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie