Kongokoors in Oshikoto

08 May 2019 | Gesondheid
’n Vrou (54) van die Ontananga-nedersetting in die Oshikotostreek is gister in die Onandjokwe-distrikshospitaal aan Kongokoors dood.
Beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het gistermiddg die vrou begrawe. Sy is op 26 April in die hospitaal opgeneem, nadat sy onder meer van kopseer en moegheid gekla en sy bloed opgegooi het.
Almal wat regstreeks met haar kontak gehad het, word intussen daagliks streng gemonitor.
Die vrou het op 3 Mei positief vir die siekte getoets ná ’n bloedmonster na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (NICD) se streeklaboratorium in Suid-Afrika gestuur is.
Die MoHSS het in ’n verklaring gesê die streek se komitee vir noodgesondheidsbestuur is reeds van 26 April af werksaam, terwyl ’n tegniese span gereeld vergader.
Die geraakte gemeenskappe word ook ingelig oor tekens en simptome, sowel as die voorkoming van die siekte.
Vir die bewusmakingsveldtog is die hulp van plaaslike leiers soos raadslede, plaaslike owerhede en tradisionele leiers ingeroep.
Kongokoors word deur ’n bosluisbyt oorgedra en simptome van die siekte sluit koors, spierpyn, naarheid en braking, kopseer, bloeding en abdominale pyn in.
Om die siekte te voorkom, kan direkte kontak vermy word met besmette bloed en organe van ­besmette vleis tydens die ­slagproses of enige direkte fisieke kontak met iemand wat Kongokoors het.
Besmette linne, beddegoed of klere van iemand met Kongokoors moet ook met beskerming soos hand­skoene hanteer word.
Voorkoming sluit die toediening van middels om lewende hawe teen bosluise te beskerm in, asook die dra van beskermende klere wanneer diere of hul vleis tydens die slagproses hanteer word.

Soortgelyk

 

Beweerde aanrander vry op borg

11 minute gelede | Howe

Jeanette Diergaardt – Mnr. Samuel Shikale, wat na bewering ’n vroulike winkelassistent Sondag by Pick n Pay Mega Centre in Klein Kuppe aangerand het, is...

Britte bring grendeltyd op Kalahari-duin deur

11 minute gelede | Gemeenskap

Ronelle Rademeyer – As dit nie vir die Covid-19-pandemie en die wêreldwye inperkingsmaatreëls was nie, sou ’n Britse egpaar nou al halfpad deur Afrika op...

Air Namibia kan vlieg ná nagtelike interdik

11 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – Air Namibia kon Woensdagnag daarin slaag om in die hoërhof in Windhoek ’n tussentydse hofbevel te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië...

Okahandja se water lol weer

11 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, me. Martha Mutilifa, het die afgelope week erken die tuindorp gaan opnuut gebuk onder waterprobleme.Dít kom...

Nog 20 gevalle vir Walvisbaai

11 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het gistermiddag op 615 gestaan, nadat nog 22 gevalle die afgelope 24 uur in die land aangeteken is....

Weer vir 10 Julie 2020

11 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Baie koue, winderige en reënerige toestande word in die ||Kharas-, Hardapstreek en westelike plato verwag. Yskoue weer sal Saterdag oor die sentrale en oostelike...

LPM vaar uit teen ‘Animal Farm’

11 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die Landless People’s Movement (LPM) sê by monde van sy nasionale woordvoerder, me. Sade Gawanas, die manier hoe daar op kritiek teen...

Vegter vir robbe

11 minute gelede | Omgewing

Tanja Bause – “Ons sit met ’n reuseprobleem. Ons moet iets doen en vinnig ook,” sê Naude Dreyer, die man agter Ocean Conservation Namibia (OCN)....

Honde trek menige wildstropers vas

11 minute gelede | Omgewing

Francoise Steynberg Die vyf honde wat in 2017 deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ingespan is om met teenstropery te help,...