Kongokoors: geen nuwe gevalle aangemeld
Die vier pasiënte en vyf gesondheidspersoneel wat in isolasie gehou word ná die dood van ’n 26-jarige man aan Kongokoors, het tot op hede geen tekens van die siekte getoon nie. Die minister van gesondheid en maatskaplike welsyn, dr. Bernard Haufiku, het tydens ’n nuuskonferensie vanoggend gesê die nege mense sal in isolasie bly en streng gemonitor word totdat daar “absoluut geen twyfel” oor hul gesondheidstatus is nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie