Kommissie betaal boetes oor aan staat
Die woordvoerder van die mededingingskommissie sê daar word in die algemeen aan die wet op mededinging voldoen.
Augetto Graig
Die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) het N$27,1 miljoen aan die staat oorbetaal.
Die oorbetaling – wat reeds op 26 Februarie gemaak is – is voltrek nadat die ouditeur-generaal gelde van oortreders ingevorder het wat die wet op mededinging verontagsaam het.
Die vorige soortgelyke oorbetaling was in 2018 toe die NaCC N$15,4 miljoen oorbetaal het.
In 'n onlangse vrystelling het die kommissie se woordvoerder, me. Dina //Gowases, gesê die NaCC dra tot die Namibiese ekonomie by deur die samesmelting van maatskappye te beheer, beperkende besigheidspraktyke te ondersoek, navorsing van die ekonomie, en om voorspraak te maak vir die bevordering van ekonomiese mededingendheid in Namibië.
“Die kommissie speel die rol van skeidsregter en moet verseker almal hou by die reëls,” sê sy.
Terwyl daar in die algemeen aan die wet op mededinging voldoen word, is sekere oortredings gevind en word sommige steeds opgespoor, sê sy.
Die geld wat aan die regering oorbetaal is, is afkomstig van vyf boetes – wat hofbevele geword het – nadat oortreders en die kommissie oor die bedrae ooreengekom het. Sy sê die wet beperk boetes tot minder as 10% van die omset van die betrokke onderneming en vereis dat die geld aan die regering oorhandig word.
Nakoming van die bepalings van die wet op mededinging is ernstig, en verontagsaming kan lei tot 'n ondersoek deur die kommissie en die verwysing van die saak na die hooggeregshof vir die oplegging van 'n geldelike boete teen oortredende ondernemings, waarsku sy.
“Die kommissie doen 'n beroep op alle ondernemings wat sake in Namibië doen om te verseker hulle kom die wet na,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie