Kommer oor TB wat bydra tot verliese aan renosters
Elsabé Brits - Wetenskaplikes is bekommerd oor tuberkulose (TB) onder renosters.
In navorsing van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Universiteit Stellenbosch (US) is bevind TB kan ook bydra tot verliese aan renosters, maar die omvang is nie bekend nie. Ander wild word ook deur dié siekte bedreig.
Die bevindings is in die vaktydskrifTransboundary and Emerging Diseases gepubliseer.
Prof. Michele Miller van die US sê omdat renosters se getalle daal, is enige ander verliese, selfs weens sporadiese siekte, kommerwekkend. Baie van die oorblywende renosters wat vry rondloop, is in gebiede waar TB endemies is.
TB in diere (Mycobacterium bovis) kan deur melk en vleis van lewende hawe na wild en na mense oorgedra word. TB in buffels is aanvanklik veroorsaak deur siek beeste en het toe na leeus, wildsbokke, vlakvarke en ander diere versprei. In aanhouding het olifante en renosters dit by mense aangesteek en byna enige soogdier kan dit só opdoen. Omdat TB tot jare kan neem om te ontwikkel, is dit baie moeilik om in diere, veral wilde diere, op te spoor.
Teen die tyd dat dit opgespoor word, is dit al ver gevorder.
Die TB-groep van die US wat spesifiek op diere werk, is besig om ’n nuwe bloedtoets te ontwikkel om die siekte in wilde diere op te spoor. Die eerste een vir buffels is reeds ontwikkel.
“Omdat baie min bekend is oor hoe die immuunstelsel van renosters reageer op die siekte, moet die eienskappe eers gekarteer word en dit moet gebruik word om metodes te ontwikkel om die risiko in renosters te bepaal,” sê Miller.-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie