Kommer oor ons manne in uniform
ROOI OLIFANT SKRYF:
Namibiese veiligheidsmagte het, en is ‘n probleem. Niemand kan hulle meer vertrou en voel by hulle veilig nie.
Het van die lede psigiese afwykings?
Hartklop FM berig op 13 Augustus 2020 dat 116 polisiegeweldsake in 2020 tot op datum aangemeld en slegs nege daarvan afgehandel is, alhoewel daar nie verstrek word in watter hoedanigheid nie. Om watter redes is die ander 107 sake nog nie afgehandel nie? Ek vra omdat die verdwyning van polisiedossiere aan die orde van die dag is.
Die afgelope paar jaar het geslagsgebaseerde geweld en huismoleste onder veiligheidspersoneellede drasties toegeneem. Dit blyk dus asof lede van die veiligheidsmagte aan ‘n erge vorm van paranoïese woede ly en alles behalwe veiligheid aan Namibiese burgers, gemeenskappe, vrouens en kinders bied.
Vernaam Nampol-lede, is hieraan skuldig. Wat sit agter hul onsekerheid, seer, angs en woede?
Moet dissipline en professionele sedelikheid nie die fondament van hierdie sektor wees nie?
Wat soldate en tronkbewaarders betref, is ongewapende lede van die publiek en gevangenes aan húl genade uitgelewer. Toe NDF-soldate darem ‘n bietjie aksie na jarelange passiwiteit met Covid-19-patrollies kon smaak, skop hulle weerlose onskuldige burgers soos ou bokse op straat.
Dieselfde mishandeling vind in die land se tronke en polisie-aanhoudingselle plaas.
Wat dryf ‘n normale mens sover om ‘n weerlose swakkeling keer op keer so sadisties in die naam van wet en orde te verneder en selfs te vermink en vermoor terwyl jy ‘n goeie salaris verdien en selfs ‘n huis met DStv by die regering kry?
Ons (on-)veiligheidsmagte het intussen in dwelm- en alkoholmisbruik verval en raak toenemend by kriminele bedrywighede en korrupsie betrokke. Ook onder verkeerspolisie.
Dit wek groot kommer. Watter etiese voorbeeld stel hulle vir ons jeug en met watter integriteit wil hulle sosiale gemeenskapsake rondom middelemisbruik aanspreek as baie van hulle nie eens hul oorgewigtigheid, motorstuurwiele en woede-uitbarstings in toom kan hou nie?
Namibiese veiligheidslede het dringende professionele hulp (en gebed) nodig. Ondersoeke rakende hierdie personeellede moet dringende aandag geniet en met skuldiges weggedoen word. Namibiërs het nie onstabiele offisiere nodig nie.
Voornemende aansoekers en bestaande lede moet in belang van gemeenskaps- en nasionale veiligheid vir sielkundige en psigiatriese afwykings ge-screen word.
Ek salueer alle etiese en voorbeeldige lede van ons veiligheidsmagte. Ons waardeer julle. Julle verdien ons respek, want julle is daai uniforms en range werd ten spyte van uitdagende omstandighede. Hou so aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie