Kommer oor kindertroues in NV uitgespreek
Kommer oor kindertroues in NV uitgespreek

Kommer oor kindertroues in NV uitgespreek

'n Konsultant gaan gewerf word om navorsing oor kindertroues in Namibië te doen.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn is diep bekommerd oor voorvalle van kindertroues in Namibië.

Dít blyk uit antwoorde wat die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, in die Nasionale Vergadering (NV) op vrae van me. Jennifer van den Heever van die DTA verskaf het.

Sioka sê aangesien die regering ondertekenaars van internasionale instrumente soos die VN se konvensie oor die regte van die kind en die Afrika-handves oor die regte en welsyn van die kind is, geniet die beskerming van kinders voorrang.

Hierdie instrumente bepaal onder meer dat kinders teen skadelike maatskaplike en kulturele gebruike en alle vorms van seksuele uitbuiting of mishandeling beskerm moet word.

Die nuwe Wet op Kindersorg en -beskerming, Wet 3 van 2015, is juis aanvaar om aan die vereistes van die internasionale bepalinge te voldoen.

Ingevolge die konvensie op die uitwissing van alle vorms van diskriminasie teen vroue, wat deur Namibië bekragtig is, moet die minimum ouderdom vir huwelike en die verpligte registrasie van huwelike gespesifiseer word.

Sioka het 'n beroep op die minister van justisie, dr. Albert Kawana, gedoen om die regulasies so vinnig as moontlik te finaliseer sodat personeel van haar ministerie kinderhuwelike kan voorkom.

Van den Heever wou ook weet of enige navorsing oor die voorkoms van kindertroues en ander potensieël skadelike kulturele praktyke by geleenthede soos die Sikenge-fees en Okufuko-fees gedoen is.

Sioka sê haar ministerie het geld deur die Globale Fonds hiervoor aangevra en is besig met die werwing van 'n konsultant om navorsing oor kindertroues in Namibië te doen. Een van die oogmerke van die studie is om kulturele gebruike te ondersoek wat skadelik vir kinders kan wees.

Die bevindinge van so 'n studie sal gebruik word om programme te ontwikkel om die publiek en diegene wat sulke gebruike aanmoedig, op te voed.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...