Kommer nu00e1 nog 9 gesondheidswerkers positief toets vir Covid-19
Kommer nu00e1 nog 9 gesondheidswerkers positief toets vir Covid-19

Kommer ná nog 9 gesondheidswerkers positief toets vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Nege gesondheidswerkers is onder die 79 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Sewe is van die Oshakati-distrik en een elk van die Engela- en Lüderitz-distrikte. Onder die gevalle is ook 11 leerlinge, waaronder ses en 'n onderwyser in Windhoek. Nog vier gevalle is in die mynbedryf in die Otjozondjupastreek aangemeld, terwyl die gevalle op Lüderitz vyf werkers uit die visbedryf insluit. Uit al die nuwe gevalle is 59% kontakte van bevestigde gevalle en het 57% simptome. Die Covid-19-verwante sterftes het met een tot 153 gestyg, ná die dood van 'n 44-jarige vrou met onderliggende mediese toestande in Windhoek.

Uit die 79 nuwe gevalle is 38 in Windhoek, tien in Lüderitz, twee in Karasburg, tien in Oshakati, vier in Omuthiya, een elk in Onandjokwe en Tsumeb, ses in Otjiwarongo, drie in Walvisbaai, een in Swakopmund en drie in Engela aangeteken.

Nog 55 mense het herstel wat die totaal op 14 004 te staan bring. Dit sluit 40 in Khomas en 15 in die Otjozondjupastreek in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 138 waarvan nege baie ernstig of kritiek is. Dit sluit vier baie ernstige en vier kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 167 361 weefselmonsters getoets, 3 446 kontakte word gemonitor en 666 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer