Kombinasie teen SWD Arende is propvol belofte

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman



As die Windhoek Draught Welwitschias vanjaar 'n betekenisvolle kleim wil afsteek dat sy dae as 'n sukkelende spannetjie in die provinsiale kompetisies van sy suidelike buurland iets van die verlede is, sal môre een van sy belangrike toetse wees.

Die Namibiërs onder afrigterskap van die Wallieser Lyn Jones glo dat hulle die halfeindronde van die Curriebeker eerste liga kan haal – maar dan sal hulle in môre se tuiswedstryd teen die Suidwestelike Distrikte se Arende hul kanse moet aangryp.

Met vier uit sewe wedstryde verby, is die Namibiërs tans in die sesde plek op die puntelys (9 ligapunte), met die Suid-Kapenaars een posisie hoër (11).

Beide spanne is egter nog sterk in die wedloop om in hul oorblywende wedstryde daardie gesogte plek in die semifinaal op te eis. Die Arende sal egter geen tekort aan selfvertroue hê nie, nadat hulle laasjaar met wentellings van 95-6 in Windhoek en 54-23 op George die drieë ingeryg het.

Afrigter Jones het gister aan die nuusagentskap Nampa gesê sy span weet wat hulle teen die Arende moet doen om te wen.

Die Wallieser het beklemtoon dat voortdurend gewerk word om elke aspek van die span se vertoning op standaard te kry. Klein jakkalsies het die span verhinder om beter uitslae teen die Valke en die Luiperds te behaal.

“Klein foute en swak punte kos ons nog wedstryde, maar ek het vertroue dat wanneer ons elke aspek van ons spel onder die knie het, ons op dieselfde vlak as die groter spanne in Suid-Afrika sal kan meeding.”

Die afrigter sê die vordering wat die span gemaak het sedert hy vroeg vanjaar oorgeneem het, is verblydend. “Laas seisoen kon ons geen wedstryd wen nie en vanjaar het ons reeds twee oorwinnings behaal. Dit is betekenisvolle verbetering en ek glo ons is op koers om in 2019 ons doelwitte te bereik.

“Ons spelers is steeds nie voltydse rugbyspelers nie en geldelike beleggers kan 'n groot verskil maak om ons in terme van oefeninge op 'n soortgelyke standaard as die professionele unies te plaas.”

Op skrumskakel keer Eugene Jantjies terug en neem ook weer die kapteinsrol oor – nadat TC Kisting en Dirk von Weidts beide verlede naweek op Potchefstroom skouerbeserings opgedoen het.

Theuns Kotzé (losskakel) en binnesenter JC Greyling hervat ook hul kombinasie, nadat beide laas naweek weens werkverpligtinge nie die reis na Potchefstroom kon aanpak nie.

Rohan Kitshoff se terugkeer na die beginspan, ná twee wedstryde van die bank af, is ook 'n versterking. Kitshoff en agtsteman Christo van der Merwe se ondervinding is 'n teenvoeter vir Max Katjijeko se onervarenheid as flank – hoewel laasgenoemde se hoë werktempo geensins onder verdenking is nie.

Katjijeko se plek op slot sal deur Mahepisa Tjeriko ingeneem word, wat in die vaste spel 'n groot rol te speel het, soos in die Afrikabekertoetse vroeër vanjaar.

Die insluiting van die o.20-span se voorry – Nelius Theron (Wanderers), haker Obert Nortjé (Unam) en André Rademeyer wat spesiaal deur die WP Rugby-akademie vrygestel is – in die senior amateurspan sal ook 'n belangrike oomblik in dié drietal se loopbaan wees.



Windhoek Draught Welwitschias: 15 Mahco Prinsloo, 14 Russell van Wyk, 13 Lesley Klim, 12 JC Greyling, 11 David Philander, 10 Theuns Kotzé, 9 Eugene Jantjies (kapt), 8 Christo van der Merwe, 7 Max Katjijeko, 6 Rohan Kitshoff (o.kapt), 5 Ruan Ludick, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 Nelius Theron, 2 Niël van Vuuren, 1 Desiderius Sethie.

Reserwes: Obert Nortje, André Rademeyer, Hauta Veii, Adriaan Booysen, Thomas Kali, Cameron Klassen, Johann Tromp.



SWD Arende: 15 Leighton Eksteen, 14 Marlo Weich, 13 Tyler Fisher, 12 Marlo van Niekerk, 11 Adi Jacobs, 10 Martin du Toit (kapt), 9 Johan Steyn, 8 Dylan Peterson, 7 Janneman Stander, 6 Freginald Africa, 5 Brendon Snyman, 4 Cornell Hess, 3 Theunis Nieuwoudt, 2 Jacques Vermaak, 1 Luxolo Koza.

Reserwes: Kurt Haupt, SP Wessels, Marne Coetzee, Lodewyk Uys, Davon Raubenheimer, Marquit September, Wilneth Engelbrecht.

• In die hoofvoorwedstryd om 15:00 speel Western Suburbs in sy derde Gold Cup-wedstryd teen die besoekende Sishen – Griekwas se kampioenklub, wat laas naweek in sy eerste wedstryd in die kompetisie met tien punte (35-25) teen Valsbaai verloor het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%