Kom Tom Cruise weer met ’n sak vol storietjies?
Des Erasmus - ’n Ou vrind Dirk was bekend vir die breedte van sy spraak. Hy't nie ’n aptyt gehad vir ’n vaste werk nie. Van gesels het hy gehou. Hy het netjies gepas in die segswyse van lui by die vak, maar fluks by die bak.
Sy sterkste sintuig was sy reukorgaan. Selfs al word ’n vleisbraaitjie onvanpas op ’n Maandagaand gehou, het die suidwestebries van die see se kant af die geur gedra en het hy oorgestap vir sy geselsie. Soveel so dat daar later braaityd nie net vir twee op die rooster voorsiening gemaak is nie, maar vir drie. Want gewis sou hy kom.
Hierdie stories dat Tom Cruise en Robert Crowe se neuse Swakop se kant toe staan, stof van die talle staaltjies oor die fliekmakers in die Namib af. Sal maar aanvaar dat die Kraaikêrel luglangs gaan kom.
Die fliek Beyond Borders het die befaamde Angelina Jolie enkele jare gelede Swakopmund toe gebring. Vir my was dit groter nuus dat Dirk daar ’n tydelike werk as byspeler gekry het. Beyond Borders het onder meer ’n veldhospitaal uitgebeeld. Dirk se rol was die van ’n bossiedokter of veldkwak wat die siekes na die veldhospitaal gebring het. Lenig gebou met ’n persoonlike netheid plus ’n natuurlike gryskop het hy vinnig teen die leer van die silwerdoek geklim en toe die slottonele aanbreek, was hy ’n mediese dokter.
Later meer oor Dok Dirk.
Toe het hy met die byklanke van sy skaterlag immer vertel Angelina Jolie het eintlik agter hom aan Namibië toe gekom. Dit het hom geval. Dan sing hy sy liedjie wat hy aan haar opgedra het:
“Angelina, sweet Angelina, my love for you wil nerver, never die.
“Hier op aard is alles klipsteenhard, net hier en daar is daar ’n erdvarkgat . . . ”
Vra hom na die einde van die verhouding en ou Dirk sê hy het Angelina gelos toe hy vasgestel het sy is net agter sy geld aan.
Ander kere het hy vertel van Asab se Vingerklip wat geval het die dag toe hy net daarteen geleun het.
Eensklaps was Beyond Borders weg en ou Dirk weer ledig op die arbeidsmark. Toe verneem hy van die koms van Flight of the Phoenix. Met bruisende opwinding vertel hy dat hy werk as byspeler gaan soek. Hy aanvaar hulle gaan hom goed betaal, was darem al ’n mediese dokter in Beyond Borders.
Ook oor Beyond Borders was daar ’n ander mooi storie. Hier aan die buitewyke van Swakopmund was die straat elke dag belyn van mense wat hulleself as byspelers wou aanmeld. Maar kom die bus verby vir die dag se verfilming, word net die ouens op krukke of in rolstoele opgelaai. Dis mos ’n hospitaal.
Usakos, eintlik die bergland om Usakos, was die plek van die verfilming van Creatures the World Forgot. Vir die dorp was dit ’n ekonomiese inspuiting, iets waarvoor die dorp se legendariese burgemeester in die hoogste raadsale gepleit het. Maar oor die Creatures wou hy nie praat nie. En die rede? Sy dogter was een van die byspelers in die rol van ’n bobbejaan.
Bud Spencer van Trinity-faam is nie net die ou sterkman van die silwerdoek nie. In die werklike lewe het hy ook geweet hoe om agter sy doekse te staan. ’n Ou staaltjie was dat hy een aand sommer ’n ganse kroeg verwoes het toe sy humeur hom verlaat het. Die volgende oggend was hy blykbaar die eerste drinkebroeder wat hom met sy tjekboek (van daardie dae) aangemeld het.
Een van die meer bekendes van die kusdorpe se joernaliste het gesmag na ’n onderhoud in die duine met Tyron Gibson, een van Amerika se gewildste verhoogkunstenaars. Toe kry sy dit in sy tent op die plek waar die rolprentstel staan. Stap maar in met die tyd wat knyp voor Tyron se volgende opname. Toe strip hy daar en dan vlak voor die vrou wat vir haar vaste geloof bekend was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie