Kom PSG Wealth se groei tot 'n stilstand?
Nellie Brand-Jonker - Ná jare se skerp groei in nuwe finansiële adviseurs wat onder PSG Wealth se vaandel begin sake doen, is die afgelope jaar net sewe adviseurs tot sy geledere bygevoeg.
Verbruikers het die afgelope jare gesien hoe die PSG Wealth-kantore landswyd vinnig toeneem namate makelaars onder sy vaandel begin sake doen het.
Vergeleke met die sewe wat bygevoeg is, het die groei in die vorige drie boekjare tussen 24 en 46 gewissel en stelselmatig minder geword.
PSG Wealth dra die grootste deel tot die wins van die groep by.
Francois Gouws, uitvoerende hoof van die genoteerde finansiëledienstegroep PSG Konsult, glo glad nie dis die geval dat die groei in finansiële adviseurs tot stilstand kom nie.
Volgens hom moet daar na die totale adviseurskorps gekyk word wat bygevoeg word, insluitende PSG Insure s'n.
PSG Wealth het nou 546 adviseurs terwyl PSG Insure s'n 386 beloop.
Die altesaam 932 adviseurs is 'n sprong van amper 19%.
Dit is danksy die versekeringsfiliaal wat met 58% gespring het nadat Absa Insurance and Financial Advisers verkry is.
Gouws meen ook daar moet eerder gekyk word na beleggings wat R10 miljard meer was as onttrekkings by PSG Wealth.
Volgens hom is die groei in bates van die grootste in die bedryf.
Dit het die bates wat die adviseurs vir kliënte bestuur met 7% tot R175 miljard verhoog.
ONGEWONE MARKTOESTANDE
Die styging in bates is ten spyte van die plaaslike aandeelmark wat die afgelope jaar met 4% gedaal het vergeleke met die vorige jaar se groei van 14%.
Gouws het gesê dit was ongewone marktoestande omdat dit die swakste groei in jare was.
Die batebestuursfiliaal PSG Asset Management het ook R6 miljard meer beleggings as onttrekkings gehad. Dit het bates onder bestuur met 11% tot R47 miljard gelig.
In geheel het die bates onder bestuur 8% tot R222 miljard gestyg.
Die daling in die aandeelmark het prestasiegelde skerp laat daal en dit het 'n kleiner bydrae tot wesensverdienste gehad.
Die inkomste van die groep het 10% gestyg.
Die wins vir die jaar het sowat 4% tot R612,6 miljoen gestyg. Daarvan dra PSG Wealth R361,4 miljoen by.
Die verlangsaming in die herhalende wesensverdienste tot 4% die afgelope jare skryf hy toe aan die mark wat af is.
GROOT SPELERS IN MARK
Volgens hom is PSG Konsult se groei in die wesensverdienste van 4% baie beter as dit vergelyk word met die groot spelers in die mark. Van die groot lewensversekeraars se wesensverdienste het met dubbelsyfers gedaal.
“Ons is in absolute terme besig om kliënte, bates en premies te kry ten spyte van die moeilike marktoestande.”
'n Finale dividend van 13,5c is verklaar wat 10% hoër as verlede jaar s'n is. Dit het die totale dividend met 14% verhoog tot 20,5c vir die jaar.
“Die groep se sterk kontantskepping ondersteun die verhoging in die dividend,” het Gouws gesê.
Hy het ook gesê die kontantskeppende aard van die onderneming gee PSG Konsult verskeie opsies om projekte te finansier om die onderneming te groei.
“Die groep bly oortuig van die vooruitsig vir voortgesette groei.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie