Kom proe hoe lekker is Outjo
Yochanaan Coetzee
Die Kunene Streekskou op Outjo gaan vanjaar ekstra spesiaal wees aangesien die Privaatskool Moria se kwarteeufees deel van die verrigtinge is.
Die vieringe begin amptelik op Donderdag 8 September met die bekende Suid-Afrikaanse musikant, Rudi Muller, wat Donderdagaand optree en die pas vir die fees stel.
Vrydag (9 September) word stalletjies opgeslaan waar alles van speelgoed, kos en ander lekkernye te koop sal wees om besoekers en deelnemende sportspanne se energievlakke hoog te bou. Later die aand is ’n heerlike steakbraai in die geselskap van Peter Koen op die spyskaart en gaan nog tot laat gekuier word met die bekende sanger Len Nel.
Saterdag duur die vermaak vir jonk en oud voort. Behalwe die skole- sewestoernooi wat vroeg die oggend afskop, gaan daar ook ’n vinnige 5-netbaltoernooi en ’n bergfietsresies gehou word.
Vanjaar se Junior Mnr. en Mej. Cowboy sal Saterdagmiddag gekroon word. Nog ’n trekpleister die Saterdag, is ’n talentwedstryd waarna Len Nel en sy vriende weer die verhoog betree.
Die aand vier Privaatskool Moria sy 25ste bestaansjaar met ’n driegangdinee by die skoolsaal waar die beroemde Suid-Afrikaanse akteur, Lieb Bester, die eregas is. Ouers kan die aand geniet met die wete daar is ’n kinderoppasser aan diens wat na die jonger garde sal omsien.
Met al dié aktiwiteite aan die kom, is dit maklik om te sien hoekom die Kunene Streekskou so gewild is. Kom maak dus ’n draai om saam met die mense van die omgewing fees te vier.
Tensy anders vermeld, vind alle aktiwiteite by die Outjo sportgronde plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie