Kom ons skrap eerder die skooljaar
BAIE BEKOMMERDE ONNIE SKRYF:
Is opvoeding belangriker as 'n lewe?
Ek is bekommerd oor die oopmaak van skole vir die res van die grade. Ek is 'n onderwyser by 'n sekondêre skool, en vir die laaste paar weke het ons die kinders Covid-19-wys gemaak. Dit was egter voor gevalle die hoogte begin inskiet het.
In ons dorp is 'n jong man van Walvisbaai wat verlede week hierheen teruggekeer het. Hy reken hy het nie Covid-19 nie?
Hoeveel mense reis op agterpaaie na die res van die land? Mense wat wil wegkom uit dié streek, maar ook nie getoets wil word nie?
Ongelukkig veroorsaak stigma, vrees en negatiewe persepsies oor toetsing dat mense nie getoets wil word nie. Die ander kant van die scenario is mense wat dink die virus bestaan nie. Ons hoor net syfers en geen name nie.
Ek verstaan die president het verantwoordelikheid teruggee aan ons as individue, maar hoe gemaak as jy die regulasies volg, maar ander mense “ontsnap” uit Walvis? Hier by ons word nie eers getoets nie.
Ons plaas ons lewens op die spel vir die graad 11's en 12's om klaar te maak. Sommige van ons is egter in die hoër risikogroepe. Van ons het byvoorbeeld hoëbloeddruk en diabetes. Ongelukkig kom onderwys met stres saam, wat saam met van hierdie siektes gaan.
Om kinders 'n jaar terug te hou, gaan nie die ekonomie soveel skade aandoen nie, maar om mense te verloor deur nalatigheid, kan op elkeen van ons se gewetes geskryf word.
Meneer die president, gee die graad 11's en 12's kans om klaar te maak, maar nie ten koste van die verlies van lewens wat verhoed kon word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie