Kom ons skep meer lig in die tonnel
ERNST HASHAGEN SKRYF:
Drie jaar gelede is aan die Namibiese burgers belowe dat drastiese veranderings sal plaasvind.
Ons het groot vertroue in die president gehad en hy is deur 'n groot meerderheid verkies. Baie kiesers wat nie Swapo-lede is nie, het hom ondersteun.
In feitlik elke boodskap wat uitgestuur is, is beklemtoon dat korrupsie met wortel en tak uitgeroei sal word. Die parlement is vergroot. Spesiale raadgewers is aangestel. Dit sou daartoe bydra dat doelwitte wat gestel is maklik en vinnig bereik kon word. Dit kos egter ook baie geld.
Ten spyte van al hierdie wonderlike beloftes verkeer Namibië in n ekonomiese koma en klop die finale ineenstorting aan ons deur. Destyds is miljoene gesteel, maar nou is dit reeds miljarde.
Ons jeug word al vroeg in hulle lewe aan minderwaardige onderwys blootgestel. Minderwaardigheid word gekweek en dit het 'n vernietigende invloed op hulle lewe.
Daar is nie geld om die haglike toestande in ons staatskole die hoof te bied nie. Alle verbeterings/veranderings is bloot kosmeties en sal nie die toestande verbeter nie.
Baie van die jong mense wat wel daarin slaag om 'n ordentlike opleiding te voltooi, is werkloos. 67 000 gegradueerde jong mense sit sonder werk. Watter opofferings moes hulle en hulle ouers maak sodat hulle suksesvol hulle doelwit kon bereik?
76 000 werkspermitte is aan buitelanders uitgereik. Hierdie syfers is in die media bekend gestel. As dit waar is, sal ons graag wil weet wie die buitelanders is en of Namibiërs nie in staat is om daardie poste te beset nie.
Die toestande in die staatshospitale is 'n skande. Die standaard van mediese versorging dra daartoe by dat die gewone Namibiese burger maar moet aanvaar dat hy/sy 'n tweede- of derdeklas burger is.
Staatsamptenare aan diens kom nie eers agter nie dat ongeregistreerde maatskappye BTW by die staat eis en dit ontvang. Spookamptenare verdien steeds 'n salaris.
Hoeveel geld is van mense wat in die bankrot SME bank belê het, gesteel? Dit is maar enkele voorbeelde. Korrupsie en nogmaals korrupsie!!!!
Plaaslike owerhede het skandalig misluk. Windhoek is maar een voorbeeld. N$191 miljoen se skuld van arm mense word afgeskryf. Op die oog af is dit prysenswaardig en sal enige regdenkende mens daarmee saamstem. Die vraag is net of die werklik arm mense daarby gebaat het? Is daar deeglike opnames gemaak of is daar weer 'n paar wat, ten spyte daarvan dat hulle dit wel kan bekostig, van hierdie toegewing misbruik maak?
Die munisipaliteit verander straatname, verhoog hulle salarisse met 8% en kla dan dat hulle nie geld het vir noodsaaklike dienste nie. Belaglik!
Ons land het hierdie toedrag van sake nie verdien nie.
Ten spyte van hierdie toestande is daar tog 'n liggie in die tonnel.
Ons mag ons menings openlik lug – iets wat in baie lande nie toegelaat word nie.
Daar is nog mense wat die belange van ons land op die hart dra, byvoorbeeld onderwysers en gesondheidspersoneel wat ten spyte van die ondraaglike toestande hulle werk na die beste van hulle vermoë doen.
Die ouditeur-generaaal, mnr. Junius Kandjeke, probeer die afgelope 15 jaar om ons regering te waarsku. Maar niemand steur hom aan sy verslae nie.
Hy en die Ombudsman, mnr. John Walters, verdien groot lof. Dankie ook aan mnr. Frederico Links vir sy objektiewe en eerlike bydrae. Hy het die dubbele standaarde in die toekenning van grond in die noordoostelike streke blootgelê.
Daar is ook ministers wat getrou hulle werk doen – maar ongelukkig is hulle in die minderheid. Die lewenstyloudits wat nou hopelik gaan plaasvind, is nog 'n baie positiewe stap. Ons hoop dat hierdie verslae die werklike misdadigers sal vind en dat stappe teen hulle gedoen sal word.
So is daar nog baie ander mense wat ook genoem kan word.
Namibië is my “heimat” en ek wil dit nie vir enige land in die wêreld verruil nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie