Kom ons help die munisipaliteit
Tanja Bause
Ek het nou die dag ’n besoek aan die Gammams-begraafplaas in Windhoek afgelê om te gaan kyk hoe dit daar lyk.
Ek het na my asem gesnak en was diep geskok oor die verwaarlosing van die eens mooiste begraafplaas in die Suidelike Halfrond.
Die gras en onkruid staan kniehoogte. Nie net tussen die grafte nie, maar ook op die paadjies wat die blokke van mekaar skei. Ek verstaan dat dit dié jaar besonders baie gereën het en dat alles baie goed groei, maar is dit regtig ’n verskoning?
Talle van die bome is dood, baie het omgeval en die stompe lê verspreid rond. Weer eens verstaan ek dat ons die afgelope paar jaar ’n droogte gehad het. Die Goreangabdam loop nog elke jaar oor en ek is seker die bome sal baie dankbaar vir die water wees. Of selfs die ongesuiwerde water wat gebruik word om sportvelde nat te lei.
Vrywilligers wat vyf jaar terug die begraafplaas skoongemaak het, het al opgemerk die bome kry nie water nie en is besig om te vrek. Toe was die probleem nie die droogte nie, maar die beskadigde waterstelsel. Pype wat nie gekoppel was nie en orals op die terrein rondgelê het.
Vyf jaar later lê die pype nogsteeds oral rond en al sou iemand die bome wou natlei, is dit nie moontlik nie. Die rede volgens die munisipaliteit vir die dooie bome is omdat hulle sowat 20 jaar oud is. Hier dog ek bome kan baie oud word, maar seker net as hulle water kry.
Ongelukkig is die verwaarlosing van die laaste rusoord nie uniek aan die Gammams-begraafplaas nie. Ek is seker die ander begraafplase in die stad en landswyd lyk nie veel beter nie. Ek is seker hulle is ook oorgroei van die gras en onkruid.
Dit blyk die enigste oplossing te wees is vir die gemeenskap om in te spring, skoon te maak en op te knap. Nie net die begraafplase nie, maar in geheel soos die mense wat die ander dag by die Alte Feste skoongemaak het.
Die vrou wat die middelmannetjies in Windhoek skoongemaak het en bosse, plante en struike geplant het. Die vrou en haar helpers wat rondom die nasionale kunsgalery ’n tydjie terug skoongemaak het.
Ek sidder om te dink hoe die stad sou lyk en in watter toestand dit sou wees sonder dié mense, hul vriende en werkers se toewyding om ’n verskil te maak.
En ja, ek weet talle van julle sal sê: “Ek betaal belasting en munisipale belasting. Hulle moet net hulle werk doen, dis nie my werk nie,” en dan by elke braai kla oor hoe sleg dit lyk en hoe alles agteruitgaan.
Ek stem saam, maar ons kan mos ook sien dat dit nie gebeur nie en die probleem al groter word. So kom ons hou op om net te sit en kla en volgende keer as iemand ’n beroep doen om iewers skoon te maak, sit ons hand by al word ons nie betaal nie en al betaal ons die munisipaliteit. Kom ons doen dit en ten minste kan jy elke keer wanneer jy daar verby ry met trots sê: “Ek het gehelp dat dit nou so mooi lyk.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie