Kom lag saam vir diu00e9 operasie
Kom lag saam vir diu00e9 operasie

Kom lag saam vir dié operasie

Moenie Marion Holm se eenvrouvertoning by die Omaruru Kunstefees misloop nie.
Otis Finck
Een van die beste Suid-Afrikaanse aktrises en storievertellers bring haar splinternuwe eenvrouvertoning, Operasie Holm, na die Omaruru Kunstefees.

Marion Holm en Chris Vorster het nog 'n jaar oorleef, en sy deel dankbaar en heel plesierig die lollery, lawwighede en lesse wat dit meegebring het.

Holm kan steeds nie bekostig om twee of meer akteurs te gebruik nie, dus vertolk sy sommer self al die rolle.

Indien jy graag iets van hogere lite­rêre waarde wil sien, is dié verto­ning nie vir jou nie. Maar as jy wil skaterlag en net 'n klein bietjie dink, kom kyk dan gerus!

Holm se vertoning gaan, soos altyd, bestaan uit stories wat verweef is om te wys die grootste ­operasie was eintlik dié aan haar siel. Dit wys ook dat niemand angstig hoef te wees oor wat die toekoms inhou nie, want jy het reeds by geboorte gekry wat jy in die lewe gaan nodig hê.

Holm het al in meer as 60 teaterproduksies gespeel, in meer as 20 TV-reekse verskyn en 10 tekste die lig laat sien. Baie sal haar onthou as Dot in Vlug na Egipte op kykNET. In 2017 het sy Suid-Afrika platgetoer en op elke denkbare kunstefees uitverkoopte sale gehad.

Die verto­ning vind op 30 Augustus vanaf 17:30 in (ja, in) die Omarururivier plaas.

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer