Kolskote op Walvisbaai geskiet
Boogskiet
Otis Finck op Walvisbaai - Die gefluit van vlieënde pyle was aan die orde van die dag toe die Boogskietvereniging van Namibië Sondag sy finale skietdag vir die jaar by die Sparta-sportklub op Walvisbaai aangebied het.
Twee kompetisies is tegelykertyd op die eerste dag aangebied – ’n geskiedkundige gebeurtenis in die land, volgens Karola Woortman, die nasionale afrigter wat in Oktober ’n kursus in Brittanje voltooi het om haar internasionale jeugakkreditasie as beoordelaar te verwerf.
Altesame 24 skoolkinders het in die kompetisie van die Nasionale Program vir Boogskiet in Skole (NASP) deelgeneem. Die NASP-skutters het Genesis-boë en Easton Aluminium 1820 pyle gebruik. Hulle het oor afstande van 10 en 15 meter geskiet en is verdeel volgens juniors (graad 4 tot 7) en seniors (graad 8 tot 12).
Ben Timothy en Zander Els (beide nege jaar oud) was die jongste deelnemers van die dag.
Die top-16 gekeurde NASP-spelers sal in Maart aan proewe deelneem om die spelers te kies wat die land vanaf 22 tot 25 Julie by die NASP wêreldkampioenskap in Nashville in die Amerikaanse staat Tennessee sal verteenwoordig.
Verskeie ander nasionale en internasionale byeenkomste en oefenkampe is ook in 2015 in die vooruitsig en boogskutters kan na ’n opwindende program uitsien.
Die naweek se kompetisie wat volgens die reëls van die wêreldbeheerliggaam aangebied is, het uit ’n kwalifiserende en ’n uitdunrondte bestaan. Kategorieë is volgens ouderdomme vir die twee verskillende soorte boë (saamgestelde of ‘Recurve’) opgestel.
Die oudste deelnemer van die dag was Harvey Park (52) wat as meester met die saamgestelde boog geskiet het. Twee boogskutters van Duitsland, Jutta Emmrich en Thorsten Klob, was ook in aksie.
Die wenners van die onderskeie afdelings was soos volg:
‘Recurve’ boog
Mans: 1. Xander Reddig (575 punte), 2. Paul Grobler.
Kadet mans: Adrian Grobler (484 punte).
Beginners: 1. Marja Woortman (595 punte), 2. Frank Reddig.
Seuns onder 13: CF Brandt (610 punte).
Meisies onder 13: Quinn Reddig (617 punte).
Saamgestelde boog
Vroue: 1. Jutta Emmerich (665 punte), 2. Connie Smith, 3. Liezle Schoeman.
Mans: 1. Thorsten Kloss (680 punte), 2. Francois Marais, 3. Ben van Wyk.
Meesters mans: Harvey Park (596 punte).
Junior vroue: Jolien Els (569 punte).
Kadet mans: Warren Smit (650 punte).
Seuns onder 15: Dorian Esterhuizen (625 punte).
Meisies onder 15: Brigitte Tietz.
Seuns onder 13: 1. Gideon Brink jr. (668 punte), 2. SW Kuhn.
NASP senior mans: 1. Lukas Els (839 punte), 2. Bendre Bothma, 3. Adriaan Bothma.
NASP senior vroue: 1. Chrystal de Beer (806 punte), 2. Dehandrie Labuschagne, 3. Nicole Visser.
NASP junior mans: 1. Zander Els (771pts), 2. Petrus Labuschagne, 3. Chrisjan Labuschagne.
NASP junior vroue: Nadia Martins (744 punte).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie