Kollig val op 'n gesonde ruggraat
Wêreld Ruggraatdag word Vrydag onder die vaandel Back on Track gevier om die kollig op die las van ruggraatpyn en -afwykings te val en optimale gesondheid te bevorder.
Die wêreldwye Covid-10-pandemie het tot inperkings gelei wat mense se vermoë beperk het om beweeglik te wees en aan fisiese aktiwiteite deel te neem. Die gedwonge werk van die huis het ook tot toenemende klagtes oor rug- en nekpyn gelei.
Gereelde beweging en fisiese aktiwiteite verseker die ruggraat kan voldoende funksioneer en so jou rugmurg en senuwees beskerm. Daaglikse oefening en eenvoudige maatreëls om te verseker dit funksioneer optimaal voorkom ook dat ligamente pynlik en styf raak.
Die dag word plaaslik deur die Namibiese Chiropraktiese Vereniging gevier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie