Kollig op Karsten in ‘gewone’ 400 m

Atletiek
Wim Pretorius – Wanneer Karsten Warholm Donderdag in Switserland in die blokke sak vir die tiende ronde van die Diamantliga-reeks, sal Wayde van Niekerk straks vasgenael voor die kassie sit.
Die Noorweër het ’n verstommende nuwe wêreldrekord in die 400 m-hekkies by die Olimpiese Spele in Tokio behaal, maar in Lausanne is sy visier op die gewone 400 gerig. Die vraag op almal se lippe is of hy in dié item ook die wêreldrekord kan skrikmaak.
Daardie rekord, 43.03 sekondes, pryk natuurlik sedert 2016 agter Van Niekerk se naam.
Ná wat in Tokio gebeur het, sal Warholm sekerlik glo dat Van Niekerk se rekord binne sy bereik is.
Dié Noorweër het in Japan sy eie wêreldrekord oortref in wat sekerlik die beste 400-hekkieswedloop van alle tye was. Sy tyd – 45.94 sekondes – het die bestaande rekord van 46.70 aan flarde gelaat.
In Lausanne sal Warholm egter teen geharde 400-atlete te staan kom.
Vier uit die agt deelnemers het reeds vanjaar tye van onder 45 sekondes opgestel, met veral Botswana se Isaac Makwala wat vir Warholm op sy tone sal hou.
Warholm is die enigste uit die agt deelnemers wat nog nie vanjaar ’n gewone 400-wedloop agter die blad het nie.
Hy het wel in sy heel eerste 400-hekkieswedloop van die seisoen die wêreldrekord die eerste keer oortref, so dit sal hom min skeel.
Makwala het vanjaar al ’n 44.47 gehardloop, terwyl die Nederlander Liemarvin Bonevacia self 44.48 agter sy naam het.
Die Amerikaners Vernon Norwood (44.64) en Wilbert London (44.86) kan ook nie onderskat word nie.
Warholm se persoonlike beste in die gewone 400, 44.87, is dalk nie juis veel om oor huis toe te skryf nie, maar hy het daardie tyd in 2017 opgestel en het sedertdien met rasse skrede verbeter.
Die naaste wat enige atleet sedert Van Niekerk se geskiedkundige tyd in 2016 in Rio de Janeiro kon kom, was die 43.61 wat die VSA se Michael Norman in 2018 gehardloop het.
• Die Jamaikaanse naelloper en dubbele Olimpiese kampioen Elaine Thomson-Herah sal nog ’n groot trekpleister wees. Sy het Saterdag in Eugene met Florence Griffith Joyner se 100-wêreldrekord geflankeer toe sy ’n briljante tyd van 10.54 gehardloop het om die Diamantliga-byeenkoms in die VSA te wen.
Gegewe haar huidige peil, mag sy dié keer dalk net daardie 10.49-merk oortref, wat al sedert 1988 staan.
• Nadat Katar se Mutaz Essa Barshim en Italië se Gianmarco Tamberi in Tokio die goue medalje in die hoogspring gedeel het, sal dié twee ook weer in ’n stryd gewikkel wees.
Hulle het albei in Japan op ’n hoogte van 2,37 m oor die dwarslat geseil.
• Al drie die medaljewenners in die mans se gewigstoot sal ook weer sake uitspook. Ryan Crouser, Joe Kovacs (albei VSA) en Thomas Walsh (Nieu-Seeland) sal die gunstelinge wees om weer op die podium te staan, maar die Suid-Afrikaans gebore Italianer Zane Weir kan ook gerus dopgehou word.
• In die paalspring vir mans sal sewe uit die voorste nege atlete op die wêreldranglys mekaar pak.
Die Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer, Armand Duplantis, sal sy segetog wil voortsit, maar kan sterk teenstand van die voormalige Olimpiese kampioen Renaud Lavillenie (2012) en die wêreldkampioen, Sam Kendricks (2017 en 2019), verwag.
Dan kan Amerika se KC Lightfoot en Christopher Nilsen ook verras. Nilsen het silwer in Tokio verower.
• Die byeenkoms word Donderdag vanaf 20:00 regstreeks op SuperSport Variety 3 (kanaal 208) uitgesaai.
– Netwerk24


FOTO’s
Kan Karsten Warholm Donderdag in Switserland wéér geskiedenis maak? Foto Getty Images

Jamaika se Elaine Thompson-Herah sal weer ’n aanslag op die 100 m-wêreldrekord maak. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%