Kollig kalender
» Die kunsuitstalling Luanda Nights deur Michael Pröpper is tot 1 Augustus in die boonste galery van die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aan die gang.
?
» Die kunsuitstalling My past, my present, my future deur ’n verskeidenheid kunstenaars is tot 1 Augustus in die hoofgalery van die NAGN aan die gang.
?
» Die jaarlikse visuele kuns museumprogram (Avamp) bied tot 22 Augustus ’n foto-uitstalling in die NAGN se onderste galery aan.
?
» Argitek en kunstenaar Elke le Roux se nuwe kunsuitstalling Rising Giants is nog tot vandag by die splinternuwe House of Arts /Frametique Kunsgalery aan die gang. Die galery is in eenheid 52 van Hyper Motor City oorkant Ferreira’s Kwekery geleë en is op weeksdae oop vanaf 08:30 tot 17:00 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00.
?
» Die kunsuitstalling Ghetto Soldiers is tot 13 Augustus by die College of the Arts (Cota) aan die gang. Kunstenaars wat aan die uitstalling deelneem, sluit in Lok Kandjengo, Petrus Amuthenu, Papa Shikongeni en Salinda Williams.
?
» Jo Rogge se kunsuitstalling getiteld UN/DECLARED UN/DESIRABLE is tans by die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan die gang.
?
» Die foto-uitstalling The Path to German Unification by die Goethe-sentrum duur tot 31 Julie.
?
» Die Theatre Sports komediegroep van Unam se drama-afdeling bied op Donderdag 30 Julie om 19:00 die vertoning Beat the Brrr by die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan. Kaartjies kos N$30 vooraf by die FNCC en N$50 by die deur voor die konsert.
?
» Elke Donderdag bied die Warehouse Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz–Etcetera geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal en geen toegangsgeld word gevra nie.
?
» Môre bied die Warehouse Teater ’n konsert deur die plaaslike musiekgroep Jersey Bob and Our Monica in hul Boiler Room aan. Spesiale pryse vir sekere drankies word van 16:00 tot 20:00 aangebied en die konsert begin om 20:00. Toegang is gratis.
?
» Op Vrydag 7 en Saterdag 8 Augustus om 19:00 bied Dance Domain die produksie Evolution of Dance by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) aan. Toegang kos N$120 vir volwassenes en N$80 vir kinders. Kaartjies is by Computicket en die Dance Domain-ateljee beskikbaar. Vir navrae, kontak Christelle (081 258 7128) of stuur ’n e-pos na [email protected].
?
» Die Ruth Albrechts Rainbow Skool bied op Vrydag 31 Julie ’n kultuuraand met verskeie kultuurproduksies aan. Toegang kos N$5.
?
» NG Kerk Suiderhof hou ’n outydse basaar op Vrydag 31 Julie en Saterdag 1 Augustus. Vrydag om 12:00 kan daar reeds gebraaide wors en sosaties gekoop word. Vrydagaand om 18:00 word van tuisgebak en poeding tot vleis en kerrie-en-rys verkoop. Daar is ook gebraaide wors en sosaties beskikbaar. ’n Verskeidenheidskonsert deur plaaslike kunstenaars vind plaas. Saterdag vanaf 08:30 is daar verkope van vars vleis, sosaties, biltong en 'n afvalpot. Oupa en ouma se tafel en tannie Lenie se bekende pannekoeke is van vroegoggend beskikbaar. Vir die jongspan is daar groot verrassings.
?
» Die Namibiese première van die rolprent W.A.K.A uit Kameroen, word op Saterdag 25 Julie om 19:00 by die Goethe-sentrum aangebied. Toegang kos N$30.
?
» Op Saterdag 8 Augustus word die Round Table Charity Shoot-out aangebied waartydens geld vir Noah (die Namibian Old Age Home) ingesamel sal word. Spanne van vyf spelers kan hulself vir verfbalwedstryde inskryf. Die verrigtinge begin om 09:30 en dit kos N$2 800 per span. Besoek www.action.com.na om in te skryf of vir meer inligting.
?» The FNCC bied van Maandag 27 Julie tot Saterdag 1 Augustus ’n fotografie-slypskool oor analoog-kamerawerk en donkerkamertegnieke aan.
Dit word deur die fotograaf Djunior Svane aangebied. Registreer op die laatste môre by die FNCC (061 387 333).
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].
?
» ’n Kunsuitstalling deur Marita van Rooyen word op Dinsdag 28 Julie om 18:30 deur die Britse hoë kommissaris, me. Marianne Young, in die Land Rover Jaguar vertoonlokaal (444 Onafhanklikheidslaan) in Windhoek geopen. Die uitstalling duur tot 11 Augustus.
?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.
?
» Die bekende Namibiese prokureur Sisa Namandje is die volgende genooide gas by die maandelikse MTC Master of Success-geleentheid wat op 29 Julie by die NTN plaasvind. Dit begin om 19:00 en kaartjies is gratis, maar moet vooraf by die teater afgehaal word.
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie