Kollig kalender

Elvira Hattingh
» Die Tulipamwe Internasionale Kunstenaar-uitstalling by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) duur tot 3 Oktober.
?
» Die kunsuitstalling getiteld The Power In Your Hands Volume 2: An Exhibition By Frans Uunona and Isabel Rios is nog tot môre by die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan die gang.



?
» As deel van AfricAvenir se rolprentreeks Inspiring Young Imaginations word die kinder­flieks Wooden en Kanyekanye op Vrydag 4 September by die HISA gemeenskapsentrum in Okuryangava en weer op Saterdag 5 September om 10:00 by die FNCC vertoon.
?
» Op Vrydag 2 Oktober om 19:00 word die African Culinary Cup 2015 by die NamPower-konferensiesentrum gehou waartydens jong sjefs van Namibië, Mauritius, Suid-Afrika, Egipte, Saoedi-Arabië en Lesotho sal meeding. Terselfdertyd vier die Namibiese Sjefsvereniging sy 21ste bestaansjaar. Sitplekke kos N$550 per persoon of N$5 000 vir ’n tafel van tien mense. Dit sluit wyn in. Vir meer inligting of besprekings, stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel 061 253 542.



?
» Op Saterdag 12 September om 17:00 word ’n klassieke musiekkonsert getiteld “Classics@the Castle” deur klassieke kitaarspeler Ulrich Busch en violis Jürgen Kriess by die Heinitzburg Hotel aangebied. Die konsert is ’n rendezvous van die klassieke musiek van die 18de, 19de en 20ste eeu. Die opvoering is die eerste van ’n reeks klassieke konserte wat elke tweede Saterdag van die maand (vir ses maande lank) sal plaasvind. Toegang tot die konserte is gratis.
» Die Namibië Vrouevereniging (NVV) bied ’n Crafting Bee-kursus op Saterdag 12 September by die NG Kerk Eros se kerksaal aan. Die kursusse begin om 08:30 en kos N$150 per persoon, wat pakkette insluit. Bespreek voor 9 September by [email protected].
?
» Spes Bona Properties & Radiowave hou op Saterdag 19 September ’n staptog vir kanker. Belangstellendes kan kies of hulle 5 of 10 km wil loop en dit kos N$50 om aan die staptog deel te neem. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 September. Die eerste 500 inskrywers ontvang ’n sak vol geskenkies. Inskryfvorms is beskikbaar by [email protected].
?
» Radiopersoonlikheid en geleentheidsorganiseerder Jackey !Gaoseb nooi vroue, moeders, dogters en susters, om op ­Saterdag 24 Oktober ’n leefstyl en inspirerende praatjie deur onder meer ’n minister en ander sprekers by die Palmboompark te kom bywoon. Vroue moet wit aantrek en hulself gereedmaak om nuwe hoop en bemoediging te vind. Vermaak sal tesame met motiveringspraatjies aangebied word en die volgende ­onderwerpe sal bespreek word: Vroue word deur pyn stilgemaak, vroue en hul geesteslewe en vroue en skoonheid. Kaartjies kos N$120 en sluit in ­registrasie (wat plaasvind van 16 tot 31 ­Augustus), middagete en ’n kans om groot pryse te wen. Vir meer inligting, skakel 081 252 0421, 081 295 2339 of 081 346 6596.
?
» Die FNCC en ChiNamibia nooi kinders tussen die ouderdom van 8 en 16 jaar om ’n kuns-, kos- en handwerkkraampie by hul Kindermark 2015 aan te bied. Die kindermark vorm deel van hul kinderfees wat op 31 Oktober sal plaasvind. Inskryfvorms is by die FNCC-ontvangs beskikbaar en die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September. Registrasie kos N$100 en vorms moet by die FNCC ingegee word. Vir meer inligting, skakel 061 387 330.



?
» ’n Kunsuitstalling en boekbekendstelling getiteld African Paradox Experienced in Namibia deur Joe Madisia vind op Maandag 7 September om 18:30 by die FNCC se kunsgalery plaas. Die uitstalling duur tot 2 Oktober.
?
» ’n Digkunsslypskool vir skoolkinders getiteld “Grass Roots Slam Poetry 2015” vind vanaf Maandag 7 tot 11 September van 14:00 tot 16:30 by die FNCC plaas. Op Vrydag 11 September van 19:00 tot 21:00 word ’n openbare optrede deur die digters by die FNCC gehou. Kaartjies vir die geleentheid kos N$15 vooraf en N$25 by die deur.
?
» Die Warehouse Teater bied elke Maandag om 20:00 ’n jazz-musiekaand getiteld Jazz Monday aan, met die Boiler Room se Jazz-musiekgroep wat besoekers vermaak. Toegang is gratis en die kroeg het “Happy Hour” tussen 16:00 en 20:00.
?
» Lyndans vir enkellopers en baldanslesse vir paartjies word Maandae vanaf 19:00 tot 20:00 (lyndans) en 20:00 tot 21:30 (baldanse) by die Goethe-sentrum­ aangebied. Vir meer inligting of besprekings, kontak Martina by 085 141 2555 of [email protected].


?
» Zumba-dansklasse word elke Dinsdag en Donderdag by die Warehouse Teater aangebied. Kontak Taimi by [email protected] vir meer inligting.



?
» Die rolprent My Father’s Son word op Woensdag 9 September om 18:30 by die Franco Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vertoon. Toegang kos N$30.
» Skrywer Ndaponah Shikangalah besoek die Goethe-sentrum op Woensdag 9 September om 15:30 om oor haar nuwe kinderboek, The Namibian Princess Adventures, te gesels. Die boek vertel die verhaal van ’n jong prinses en haar vlieënde tapyt. Sy vlieg oral oor Namibië en leer kinders van ons mooi land.
Toegang is gratis.
?
» Die vierde Eunic Rolprentefees begin op Woensdag 16 September om 18:00 by die Diogo Cäo Taalsentrum (by die Windhoek Internasionale Skool, Scheppmannstraat, Pionierspark, ­uitbreiding 1). Die fees duur tot 23 September en behels dat verskeie plaaslike rolprente daagliks by verskeie venues (waaronder die FNCC fliek­teater, die Goethe-sentrum en die Diogo Cäo Taalsentrum) vertoon sal word. Toegang is gratis en die program vir die vertonings van die rolprente is op die internet en by die onderskeie venues be­skikbaar.
?» Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Arno Jordaan toer Oktober in Namibië. Die eerste konsert is op 21 Oktober op Keetmanshoop (skakel Pina by 063 224 638), gevolg deur ’n konsert op 22 Oktober op Gobabis (Renda, 081 304 1299) en ’n derde konsert in Windhoek op 23 Oktober (Marcha, 081 288 2886). Daarna tree hy op 26 Oktober op Stampriet op (Melani, 081 330 9001), op 29 Oktober op Tsumeb (Betsie, 081 042 9813), met ’n laaste optrede op 31 Oktober op Walvisbaai (Belinda, 081 127 6586).
?
» Elke Woensdag vanaf 18:00 word ’n akoestiese aand by Zenso Restaurant & Lounge Bar gehou waar musikante die geleentheid het om met drie akoestiese instrumente en ’n sanger hul talente te kom wys. Klanktoerusting word voorsien en toegang is gratis. Kunstenaars wat wil optree, moet op Maandae bespreek en oudisies aflê. Skakel 081 689 4575 of 081 314 5953.



?
» Elke Donderdag bied die Ware­house Teater ’n skemerkelkie-aand vanaf 16:00 tot 02:00 aan en toegang is gratis. Alle skemerkelkies word vir N$35 verkoop, met uitsondering van die Boiler Room-skemerkelkie wat N$25 kos.
?
» Die Windhoeker Männerchor oefen elke Donderdag om 18:15 by die SKW in Olympia. Indien u oor koorondervinding beskik of dalk ’n musiekinstrument bespeel, loer sonder enige verpligting in en kry ’n voorsmakie. (Roelof, 081 241 3917, [email protected] of Wolf, 081 122 2942, [email protected]).
?
» Die Jazz-Etcetera ­geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag vanaf 19:00 tot 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%