Kolekoek
’n Kampete sonder ’n lekker nagereg is soos om ’n boek net tot in die middel te lees. Sluit die ete behoorlik af met hierdie soetgebak.
Jy benodig
1 pakkie (500 g) muffinmengsel, in die sjokolade geur (ons het Easymix gebruik)
2/3 (twee derdes) koppies olie
2 eiers
1 koppie water
1 pak (150g) malvalekkers
½ koppie moutballetjies (ons het Whispers gebruik)
Só maak jy
1. Gooi die muffinmengsel in ’n potjie van sowat 3,5 l.
2. Klits die olie, eier en water saam en gooi dit by die muffinmengsel. Meng nou alles saam tot dit net gemeng is, maar moenie dit te veel roer nie, anders rys die koek nie lekker nie en is dit swaar en dig.
3. Sit die deksel op en bak die koek oor lou kole vir 45 minute, of tot ’n tandestokkie skoon uitkom as jy dit in die middel van die deeg druk.
4. Gooi die malvalekkers oor en sit die deksel terug. Bak dit vir nog 10 minute tot die malvalekkers gesmelt is. 5. Sprinkel die moutballetjies oor en bedien dit warm. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie