Koffer vol horings glo gegaps
Jo-Maré Duddy – Vermeende diewe is nuwe jaar met N$600 000 se renosterhorings in ná hulle Oujaarsdag by ’n huis in Luxury Hills in Windhoek ingebreek het.
Dié ses witrenosterhorings was in ’n tas in die dak van die woning in een van die stad se spogbuurte versteek.
Die onbekende verdagtes het omstreeks 01:27 toegang tot die huis deur die dak verkry.
Volgens adj.komm. Kauna Shikwambi het die eienaar van die huis oor permitte vir die besit van dié horings beskik.
Die verdagtes en die horings is steeds soek en die polisie se ondersoek duur voort, het Shikwambi gesê.
Ook op Oujaarsdag is ’n polisie-beampte omstreeks 11:00 in ’n rivierbedding in Otjomuise beroof.
AO Abraham Antonious (51), ’n lid van die spesiale veldmag, het in die rivierbedding langs Matshitshistraat geloop toe drie mans hom aangeval het. Hulle het klapmusse gedra en messe gehad.
Een van die verdagtes het Antonious se private pistool, ’n polisieradio en ’n selfoon gesteel. Die groep het daarna gevlug.
Luidens die polisieverslag is niemand nog in verband met die voorval aangekeer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie