Koeskoesslaai met perskes en spek
’n Heerlike, ligte slaai vol vars smake en inter essante kombinasies.
Genoeg vir 4 as ’n voorgereg, en 2 as ’n ligte maaltyd.
Jy benodig:
Vir die vinaigrette:
3 e vars suurlemoensap
½ t fyngerasperde suurlemoenskil
2 e ekstrasuiwer olyfolie
’n knypie sout en peper
1 t heuning
Vir die slaai:
1½ k gaar koeskoes
¼ k amandelvlokkies
100 g feta, gekrummel
1 pakkie spek, brosgebraai
½ klein komkommer, in kwarte gesny
blaarslaai van jou keuse
2-3 perskes, in kwarte of helftes gesny en gebraai in ’n riffelpan
Só maak ’n mens:
1. Maak eerste die vinaigrette deur al die bestanddele saam te klits.
2. Pak die slaaiblare uit op jou opdienbord.
3. Voeg die komkommer, amandels, die helfte van die feta en die helfte van die spek by die koeskoes en roer deur. Proe en geur liggies met sout en peper indien verkies.
4. Skep die koeskoes op die slaaiblare. Rangskik die perskeskywe ook op die bord. Sprinkel die res van die feta en spek oor en drup daarna die vinaigrette oor al die bestanddele. Sit dadelik voor. Dis heerlik saam met ’n glas yskoue witwyn.
-netwer24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie