Koerantverkope wat daal, raak Mondi se papiermeul
Koerantverkope in Suid-Afrika daal so vinnig dat die papiermaatskappy Mondi nie meer koerantpapier by sy Merebank-meule in Durban gaan vervaardig nie.
Dié papier- en verpakkingsgroep se aandeelprys het Woensdag seergekry op die JSE, al het hy in ’n kwartaalverslag aangedui sy onderliggende bedryfswins is 8% meer as ’n jaar gelede op €245 miljoen.
Mondi se aandeelprys was teen die namiddag 8,5% laer op R344,50.
Mondi sê weens die versnelde koers waarteen die plaaslike vraag afneem, het hy besluit om nie meer koerantpapier by sy Merebank-aanleg in KwaZulu-Natal te maak nie.
Die koste vir die sluiting van die produksielyn word op sowat €15 miljoen gereken en dit sal in die tweede helfte van die lopende boekjaar in sy state weerspieël word.
Mondi het wel in sy afgelope kwartaal ’n masjien vir die druk van onbedekte fynpapier weer aan die gang gesit om jaarliks sowat 70 000 ton papier vir die plaaslike mark te vervaardig om invoer te vervang.
Die groep sê die bedryfswins in die vierde kwartaal van sy boekjaar – die drie maande van Julie tot September – was in ooreenstemming met sy tweede kwartaal tot einde Junie.
Positiewe prysmomentum is egter teengewerk deur stygende koste, die negatiewe invloed van valutakoerse en die seisoenale afname in die verkope van onbedekte fynpapier.
Dit blyk beleggers hou nie van die idee dat Mondi se koste hoër was as ’n jaar gelede en as die vorige kwartaal nie. Die koste vir hout, energie en chemikalieë was hoër.
’n Swakker dollar, Turkse lira en Russiese roebel het ’n netto negatiewe impak op die bedryfswins gehad.
Mondi sê hy verwag ’n sterk laaste kwartaal danksy hoër gemiddelde verkooppryse en goeie groei. Volgehoue kostedruk en die impak van valutawisselings kan egter die onderliggende prestasie onder die markverwagtinge hou.
Mondi gee werk aan sowat 25 000 mense in 30 lande en sy belangrikste bedrywighede is in Europa, Rusland, Noord-Amerika en Suid-Afrika. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie