Koejaweltert
Koejaweltert

Koejaweltert

Lloyd Zandberg
Bestanddele:

200 g tennisbeskuitjies

2 pakkies aarbeijellie

500 ml kookwater

400 ml vanieljejogurt

1 blik kondensmelk

1 x 410 g-blik ingemaakte koejawels

250 ml vars room, geklop

Metode:

Voer 20 x 12 cm-broodpan met kleefplastiek uit. Pak ’n laag koekies op bodem van pan. Laat staan koekies reg rondom die kante van die pan. Maak jellie aan met kookwater en laat staan tot afgekoel tot kamertemperatuur. Plaas jogurt, kondensmelk en koejawels in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde mengsel. Voeg by jellie en roer tot goed gemeng. Klop room tot sagte punte vorm en vou by jogurtmengsel in. Skep helfte van mengsel op koekies in pan. Pak nog ’n laag koekies op vulsel en skep res van vulsel bo-op. Plaas oornag in yskas om te stol. Lig tert met behulp van kleefplastiek uit pan. Plaas op dienbord en sit voor met vars bessies.

Genoeg vir 1 tert

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer